Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Biltong en kruie koekies

Table of Contents

Hierdie koekies is ʼn gereelde stapel op die Pienaar snoep happies vir piekniek, langpad reise en kosblik happies. Die rak lewe is lank en kan ook met sukses bevries word.

225 g koekmeel, gesif
50 g fyn biltong poeier (vervang met parmesaan poeier / sesam sade effe gerol om oop te breek)
2.5 ml (1/2 t) bakpoeier
Knippie koeksoda
Knippie sout
2.5 ml (1/2 t) kerrie poeier (of vervang met gegeurde sout)
80 g botter of bakkersmargarien met 80% vet inhoud (minder as 80% en die koekies gaan versprei en nie vorm behou).
30 ml (2 e) vars kruie van keuse (tiemie, basilie kruid, roosmaryn, dille, origanum, spriet uie, kerrie blare, salie
1 t grof gemaalde peper korrels of gedroogde rissies grof gekap sonder sade (2 knippies) (opsioneel, maar my gesin is baie lief vir peper en dit vertoon ook mooi)
3 groot eier gele (die eierwitte kan bevries word in ʼn sakkie en dan later vir skuimpies / meringues gebruik word)
2-3 e melk indien die beslag te droog mag wees en krummel

Voor verhit oond na 200 ℃ en smeer 2 x 45 cm x 60 cm bakplate met Pan smeer.

Sif koekmeel, bakpoeier, sout, koeksoda, kruie, kerrie poeier, peper saam. Plaas dan die bestanddele in voedselverwerker. Voeg die botter by en met die lem werk die meel totdat die botter ingewerk is en die mengsel soos growwe mieliemeel lyk.

Voeg die res van die bestanddele by (vir eers 1 e melk) en draai die lem weer sodat die vog deeglik deur gewerk word. Die mengesel sal ‘n deeg vorm wat een worsie om die lem maak. As dit nie gebeur moet jy nog 1 e melk byvoeg totdat dit gebeur.

Keer die mengsel uit en knie liggies om een bol te vorm. Druk plat en verkoel vir 30 minute. Onthou die geheim is om so koud as moontlik te werk.

Wenk: Rol die deeg tussen twee velle bak- of waspapier. Deur op hierdie manier die deeg uit te rol gebruik jy nie ekstra koekmeel en die deeg kan weer uit gerol word sonder dat dit te droog word. Rol ongeveer 3 mm dik uit en druk vormpies van keuse of sny in driehoekies.

Variasie: Rol deeg uit en rasper kaas oor en vou die deeg toe, rol weer effe plat, sny in repe en rol dan die repe in stokkies of Twist dit en bak dan vir kaas stokkies.

Plaas vormpies op bakplaat en smeer met ‘n mengsel van 1 eiergeel met 50 ml melk gemeng. Sprinkel met ekstra biltong of kruie of sade soos verkies.

Bak vir 10 minute en laat afkoel op draadrakkie.

Stoor in lugdigte houers in die vrieskas vir 6 maande.

Bedieningsvoorstel: Ouma Hantie se knoffel roomsous p.24 van die Boerekos met ‘n Twist kookboek of die Biltong patee p.31, Pikante soetrissie sous, Hummus Kaas balletjies Son gedroogde tamatie marmelade Rooi ui marmelade Bacon jam

Bron: Annelien Pienaar, 2018, Boerekos met ‘n Twist resepte
Hoeveelheid: Ongeveer 60 x 5 cm koekies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!