Hummus is ʼn heerlike manier en ook gesonder opsie om botter en margarien as smeer op toebroodjies te vervang. Ek maak altyd hierdie basis resep en voeg dan so bietjie mayonnaise of jogurt by om dit meer romering te maak. Verder is dit ʼn doop sous en kan ook by ander geregte gemeng word soos soppe, souse en ook gebak.

200 g droë keker ertjies of 400 g geblik (chickpeas)
1 liter water
30 ml groente sout uit die BKT kookboek
30 ml suurlemoensap
1 knoffel toontjie (5ml fyn)
50 ml -100 ml olyfolie
Sout en peper

Kook die ertjies in water en groente sout op lae temperatuur vir 60 minute totdat die ertjies mooi uit gepof het. Laat die erte in die water afkoel. Behou die vog wat oor gebly het.

Plaas die erte, suurlemoensap, knoffel en sout en peper na smaak in ʼn voedselverwerker of gebruik ʼn blender stok en maak die mengsel fyn. Indien die mengsel baie dik vertoon verdun met die vog van die kooksel.

Ek is baie lief daarvoor om so 250-500ml dik Griekse joghurt by te meng en om romerig te maak. Proe soos jy werk. Geniet.

Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 500ml
Rak lewe: 14 dae lugdig in die yskas.