Leer. Kook. Bak. Verstaan. Ontdek. Wees Kreatief!

Welkom by Annelien Pienaar se aanlyn klasse. Hier deel ek die kennis, tegnieke en kombuisgeheime wat ek oor baie jare in my eie kombuis, op die plaas en deur opleiding en praktiese ervaring geleer het.

My doel is eenvoudig: om jou te leer hoekom iets werk, sodat jy met selfvertroue kan kook, bak, bewaar en eksperimenteer – eerder as om net ’n resep stap vir stap na te volg. Vaardigheids ontwikkeling voorop gestel!

Van baktegnieke en deeg tot preservering, fermentasie, kosveiligheid en praktiese kombuiskennis, word elke klas saamgestel om vir jou bruikbare kennis te gee wat jy sommer dadelik in jou eie kombuis kan toepas.

Ek glo goeie kos begin by goeie kennis. Wanneer jy verstaan wat met jou bestanddele gebeur, verander ’n resep van ’n stel instruksies in ’n vaardigheid wat jy vir altyd saam met jou dra.

Kom leer saam met my – rustig, prakties in die gemak van jou eie kombuis. Want die lekkerste deel van kosmaak is nie net die eindresultaat nie; dit is om te verstaan hoe jy daar uitgekom het.

Mooiste wense
Annelien Pienaar

R650

KLIC Lifestyle Programme : Month 1 – Detox Dynamics