’n Veselryke, bros ontbytvlokkie wat jy self kan maak – sonder bymiddels en met volle beheer oor die bestanddele. Perfek vir ontbyt met melk of jogurt, of as ’n krakerige toevoeging tot granola en gebak.
140 g (1 k) volkoringmeel
85 g semels
15 g (2 e) gemaalde vlas saad (flax seed) of 1 e xanthan gum
3 g (1/2 t) sout
30 g (2 e) stroop of heuning
15 g (1 e) sonneblom olie of klapper olie
70 g/ml water
Opsionele Byvoegings
50 g rosyne
40 g gedroogde vrugte, gekap
30–40 g neute of sade
- Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Smeer ’n groot plat bakplaat (ongeveer 33 × 35 cm) liggies.
- Meng die volkoringmeel, semels, vlas saad en sout in ’n groot mengbak.
- Meng in ’n aparte houer die water, olie en stroop.
- Giet die nat bestanddele geleidelik by die droë mengsel. Meng met ’n spatel totdat ’n taai deeg vorm.
- Indien die deeg te droog is, voeg ’n klein bietjie ekstra water by.
- Plaas die bakplaat op ’n klam kombuisdoek om dit stabiel te hou. Skep die deeg op die plaat en bedek met bakpapier.
- Rol met ’n koekroller baie dun en egalig uit tot die grootte van die bakplaat.
- Verwyder die bakpapier en bak vir 45–50 minute totdat heeltemal droog en bros.
- Haal uit die oond en laat effens afkoel. Breek in klein vlokkies.
- Laat heeltemal afkoel voordat dit in ’n lugdigte houer gebêre word.
Berging
Bêre in ’n lugdigte houer by kamertemperatuur vir 3–4 weke.
Voedingswaarde per 50 g porsie (sonder byvoegings)
Energie: ± 750 kJ
Proteïen: 5 g
Totale Vet: 4 g
Totale Koolhidrate: 25 g
Vesel: 6 g
Natrium: 95 mg
Bron:wwww.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2026
Lewer ± 500 g ontbytvlokkies

