Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Warm Mosterd Aartappelslaai

Table of Contents

Warm Mosterd Aartappelslaai
Lewer 6 porsies

’n Dekadente slaai gepak met geur en die sousie van hierdie slaai is baie uniek in die sin dat dit ook oor geroosterde groente, aartappel in sy jassie en vele meer geregte bedien kan word. Koud of warm is hierdie slaai keer op keer ’n groot treffer!

1 kg baba aartappels, gekook in sterk sout water, halveer
olyfolie
sout en peper
15 g botter
1 sjalot, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn
250 ml hoender- of groenteaftreksel
22 ml Dijon mosterd
15 ml growwe mosterd
175 ml room
250 ml suurroom
1½ t mielieblom
2 t water
5 ml suurlemoensap
30 ml vars dille, gekap
½ k swart olywe, ontpit en fyn gekap
1 k aghurkies, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 200°C.

Plaas die halveerde gaar aartappels op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Meng goed en versprei eweredig. Moenie dig op mekaar pak.

Rooster vir 35–40 minute totdat dit goudbruin en sag is.

Verhit intussen die botter en ’n bietjie olyfolie in ’n pan oor medium hitte. Voeg die sjalot by en soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir nog ’n minuut.

Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Klits die mosterd, sout en peper in en laat effens reduseer: basies kook die vog met amper die helfte weg.

Voeg die room by en bring weer tot prut. Meng die mielieblom en water tot ’n pasta en klits dit by die sous. Laat kook totdat dit verdik.

Voeg die suurlemoensap by en proe vir geur, roer die suurroom by en meng tot glad.

Skep die lagies van die aartappels, olywe en aghurkies in ’n opdienbak, skep van die sous oor en sprinkel dille oor. Herhaal in lae en bedien warm.

Variasie: biltong stukkies, spek en gerookte ham stukkies is heerlik hier by en jy kan na smaak byvoeg.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2026

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!