As Voedsel wetenskappe dosent, het Annelien Pienaar jare se ondervinding en kennis wat sy met die kranige kok deel. Gevorderde tot eenvoudige resepte word in ’n formaat geskryf wat geskoei is met “’n les” in elke resep. Die gebruiker kan verseker weet dat alle vangplekke en haakplekke vooraf uitgewys word, sodoende keer op keer bak sukses te verseker. Haar eerstee kookboek Boerekos met ‘n Twist verskyn Julie 2017 in Suid-Afrika en Human en Rosseau is die uitgewer wat die boek versprei. Daarna volg nog ‘n kookboek in 2021, genaamd Vleis die omvattende gids in Engels en Afrikaans. Beide haar boeke is internasionaal beskikbaar by Amazon UK, Book depository, World of Books, Saarkie boeke en vele meer. In Vleis die omvattende gids word daar na Bees, Vark, Skaap, Pluimvee, Wild (geveerde en gehaarde wild), afval gekyk. Die boek word gerugsteun deur ‘n laaste hoofstuk wat fokus op Kruie, speserye, kombinasies daarvan, invryfsoute, marinades, souse en vele meer geheime resepte wat die smaak van elke vleissnit uit bring. Elke dier word in snitte verdeel, gaarmaak metodes en vir elke snit is daar ook heerlike resepte. Foto’s is duidelik en so kan jy nou na ‘n slagte gaan en presies weet wat om te bestel en hoe om elke snit optimaal te benut.

Annelien Pienaar se toewyding op sosiale media platforms met haar “resep met ’n les beginsel”, het haar oornag in ’n sosiale media sukses getransformeer. Sosiale media was vir haar net ‘n kortpad gewees om inligting na studente oor te dra en sy het nie besef dat die “studente” tal sou groei van 350 na nagenoeg 2.3 miljoen besoeke op haar kos “blog” nie. Daarom dat sy ook besluit het om oor te gaan na ’n formele web tuiste waar die gebruiker makliker en vinniger geholpe kon raak met resepte.

Annelien Pienaar het ‘n ateljee waar sy opleiding in die geheime van die kookkuns gee. Haar klasse is klein en intiem. Elke student gaan huis toe met dit wat hulle vir daardie dag gemaak het. Daar is ook haar konsultasie besigheid waar sy landwyd rondreis om Kaasfabrieke en Bakkerye op te rig, opleiding te gee en probleme op te los. Verder tree sy gereeld by feeste en geleenthede op om haar spesialis kennis in suurdeeg gebak (sourdough), kaasmakery en alle ander area’s van kos te deel. Annelien het spesialis opleiding in die Franse kookkuns gehad en klassieke voedselbereiding tegnieke word altyd eerste gestel. Vakkundige inligting word op ‘n eenvoudige manier in haar klasse aan die student oorgedra.

Annelien is ook gereeld op radio en TV waar sy die land aan die brand kook met haar eenvoudige manier van kook, met ‘n restaurant styl netjiese eindproduk. Hou haar nuusafdeling dop vir waar en wanneer sy gaan optree. Volg ook haar op Maroela Media by Annelien se Kombuis.

Annelien is lief vir skryf en deel te wees  van haar samelewing. Sy deel gereeld staaltjies op haar Faceboek blad Boerekos met ‘n Twist en met haar humoristiese uitkyk op die lewe word almal om haar gemotiveer en voel jy sommer gou deel van die BKT familie.

Welkom by Annelien Pienaar Voedsel Konsultant en haar BoereKosTwist tuiste!