
Hierdie resep is ‘n variasie op die tradisionele met die byvoeging van unieke bestanddele. Hierdie ingelegde produk kan lank op die rakke hou, verder kan dit basies met enige gereg geniet word. Kaas borde, hamburgers, bruchetta platters en vele meer. Die Balsamiese asyn en whisky in die resep verleen ‘n spesiale diepte aan die uie…Kom ons begin.
4 kg rooi uie – in ringe gesny
1 liter wit druiwe asyn
500 ml balsamiese asyn
100 ml gouestroop
2 kg wit suiker
50 ml mosterd poeier
5 ml achaar masala
5e geel mosterd saadjies
15 ml sout
150 ml maizena
150 ml whisky
Plaas die uie in ‘n kastrol en bedek met warm water.
Kook tot net sag, maar nie pap nie.
Skep van die kook water van die uie uit en laat afkoel om die maizena mee aan te maak later.
Meng al die bestanddele behalwe die maizena saam in die uie kastrol.
Verhit die mengsel stadig en hou aan roer totdat al die suiker opgelos het, die mengsel mag nie kook voordat die suiker nie deeglik opgelos het nie.
Kook vir 30 minute op vinnige hitte sodat die vog vinnig kan verdamp.
Maak die maizena aan met net genoeg koue uie water om ‘n pasta te maak. Voeg dan die whisky by en roer goed deur.
Verwyder die mengsel van die hitte en roer die maizena by. Plaas terug op die stoof en kook tot verdik en gaar.
Bottel warm.
LEWER: 5 liter
BRON: Annelien Pienaar.
Hoeveel whiskey kom in die rooi ui marmelade? Dankie vir die lekker resepte!
hello
dit lyk lekker…..maar daar is klein ronde bolletjies tussen die uie op die foto? is dit mosterdsaad?
Haai, loer dit is 125ml wat heel aan die einde bygevoeg word. Geniet en dankie dat jy so lekker saam twist. BKT groete Annelien
Ronelle, Mosterdsaadjies was in die masala gewees en dit het heerlik uitgekom. Voeg 2 e by die kokende massa. Groete Annelien
Naand Annelien ek weet nie of jy hierdie nog kan sien nie maar ek het vandag hierdie reseppie rooi uie marmelade probeer maak ek weet nie wat ek verkeerd gemaak het nie maar dit was vreeslik waterig gewees paar vragies moet ek die uie dreineer nadat ek dit gekook het? En die stroop dalk nie lank genoeg gekook het nie want dit het nie dik geraak nie ek het dit al die tyd geroer. Het toe maar alles in die drom gegooi
Haai, geen skade nie. Ek dink jy moet dalk net volgende keer bietjie langer kook. Toets ook die dikte van die stroop deur op ‘n koue piering uit te skep. As dit stol weetjy dit het genoeg gekook. Verder kan jy ook ‘n suiker termometer gebruik. As die temperatuur 99 tot 100 C bereik sal die mengsel ook genoeg gekook wees. Dus, kan jy net die mengsel weer kook. Moet nooit weg gooi nie. Waar is jy gelee? Hoogte bo seespieel speel ook ‘n rol. Ek help graag. Net ‘n knoppie druk ver. Groete Annelien
Annelien net om seker te maak. Word die uie dreineer nadit dit gekook het? Of gebruik ons die water ook saam met die resep?
Hallo Ria, soos in die resep aangedui word net ‘n deel van die water gebruik om die mielieblom mee aan te maak. Die res word nie gebruik. Groete Annelien
Goeie more Annelien
Ek het hierdie resep verlede week gekook en ek het dit verkeerd gelees. Ek dog mens skep net van die uiewater uit vir die meng en die res bly in en word saam gekook. Ek het nou in die vorige comments gelees jy se mens kan dit net nog verder kook, sal dit werk as ek dit doen al het ek van die uiewater ingelos? Dis so ‘n groot klomp dat ek baie dankbaar sal wees as dit die geval is.
Byvoorbaat dankie vir jou hulp
Vriendelike groete
Christine
Christine,
Jy moet net dan in hierdie geval bietjie langer kook.
Groete
Annelien
Naand Annelien, watter grootte bodem sal die pot se deursnee wees? Ek het vandag die een in jou boek gemaak en dit is heerlik…toe kom ek nou af op díé resep. Baie dankie, groete
Elsabe ek sal werk op ‘n 25 cm deursnit