Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis

Table of Contents

Boerekos met ‘n Twist is tans besig met n rits nuwe dinge in die pyplyn: Aanlyn Suurdeegklas wat in Julie beskikbaar gaan wees en met die genade van Bo, ook daarop volgend ‘n Suiwel klas en vele meer. Die nuwe kookboek staan einde se kant toe en dit gaan verseker ‘n alles omvattende gids wees vir oud en jong om te geniet en gaan baie meer resepte, tegnieke en wenke bevat as met die Boerekos met n Twist kookboek. Dan is daar ook ‘n nuwe wending vir 2020: BKT gaan bietjie oorsee reis en paar lesers saam neem. Tans ondersoek ek die opsie om na Marokko te reis of Italie (sagte plekkie vir hierdie land). Indien jy belangstel stuur asb ‘n epos na boerekostwist@gmail.com of kontakte het of oulike plekke wil besoek, laat weet. Die beoogde reise sal wees in September 2020. Dus het ons genoeg tyd om ‘n wonderlike kostoer te doen. My idee is om na die ou stadjies en plattelandse dele te reis en ongekunstelde volkskos te eet, proe en selfs te maak. ‘n Klas of twee by te woon van plaaslike mense wat sulke goed doen. Dus, ek het self ook al in Italie getoer en weet van plekkies wat ek bitter graag vir jul wil gaan wys, maar ek was ‘n nat-neus student van 23 jaar oud destyds…dus het dinge seker baie verander en moet ek weer goed huiswerk en navorsing doen.

Deur die loop van die naweek kan julle terug kom na hierdie post, want ek sal dan so al die skakels van resepte vir julle hier aanheg soos dit gelaai word. Ek is ruiterlik eerlik, die week was dol en ons area se ADSL was af en weer gesukkel om die resepte en foto’s gelaai te kry.

Mag ieder en elk ‘n wonderlike naweek en nuwe week geniet.

Groete Annelien

Resepte met links

Winter warm idees:
1. 
Soppoeier-maak-jou-eie
2. Sop resepte
3. Slap deeg vir Bredies
4. Winter nagereg

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “BKT Klets-kombuis”

  1. Pat

    Hi Annelien wat n opwindende heerlike 2020 wat gaan kom. Dit is om jaloers van te word maar is net n droom. Jy is n vrou duisend en so begaafd. Dankie vir die nuusbrief en soos gewoonlik lekker resepte.

  2. Annelien

    Hallo Pat, ons het mos nog baie leef in die lyf…so ons woeker en stoom voort verseker. Dankie dat jy saam kuier op Boerekos met ‘n Twist. BkT groete Annelien Pienaar

  3. nortje.petro

    So toer sal lekker wees. Hoop ek sal kan saamtoer.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!