Soppoeier: Maak jou eie!

Soppoeier: Maak jou eie!

In ‘n samelewing wat so vinnig verander t.o.v. verwerkte produkte gepak met preserveermiddels en wie weet wat nog wat kanker veroorsaak en nie eens te praat van die hartvatsiektes wat dit teweegbring…sien ek dit in ’n ernstige lig en leef dus gesond. Ek maak my eie soppoeiers en souse om geregte mee te verdik of om netso as sop te gebruik. Hier gee ek vir julle ‘n soppoeier basis en dan verder paar variasies om gegeurde soppe te maak. Steengemaalde meel is altyd my eerste keuse as ek my souse maak, jy kan egter met gewone koekmeel vervang as jy nie byderhand het dadelik. Onthou, steengemaalde meel is gesonder en meer voedsaam. Ek pak gereeld hierdie poeier in as die kinders sport het en gee hulle dan so op ’n gesonde manier kos. Ek pak in elke kosblik ’n sakkie met die poeier, dan is daar bestanddele soos ham of spek reeds gebraai, of fyn biltong om by te meng vir die ekstra proteïene. Kom ons begin.

Basis
500 g volroom melkpoeier
300 g koekmeel (kan met rysmeel vervang word vir gluten allergie)
100 g mielieblom
500 g botter
4 hoender aftreksel blokkies (maak seker dit is preserveermiddel vry)

Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en meng tot fyn en al die bestanddele ingewerk is. Plaas in lugdigte houer en stoor vir 3 maande in die yskas of vrieskas vir 6 maande.

Om te gebruik: voeg 3e – 4 e basiese soppoeier by 1 k (250 mℓ) water en gebruik dan om soppe en souse te verdik.

 

Gegeurde soppoeier
Sampioene: sien asb. die les oor Gedroogde Sampioene op my webtuiste: www.annelienpienaar.co.za. Gebruik 2 k gedroogde sampioene en 3-4 e uie vlokkies en voeg dit by die mengsel en verwerk met voedselverwerker tot so fyn as wat dit jou smaak pas.

Beesstert, skaapskenkel soppoeier: Vervang net die aftrekselblokkies en voeg dan kruie by soos 3-4 e roosmaryn, asook 3-4 e uie vlokkies en 2 t knoffel vlokkies.

Hoendersop: voeg 3-4 e uie vlokkies,4e dill tippies, 1 pakkie instant noodles gebreek

Bron: Annelien Pienaar Food Consultant. www.annelienpienaar.co.za , 2017-08-17 Hoeveelheid: 1 kg poeier

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-08-17T08:55:13+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Sunette Barnard August 19, 2017 at 5:45 am - Reply

    Baie dankie, jou idees is supergesond! Wil net hoor, die instant noodles, is dit 2minute noodles? Want ek het al gehoor dit is baie ongesond

    • Annelien August 23, 2017 at 5:21 am - Reply

      Hallo Sunette, jy kan die instant Noodles gebruik…en ja, alles wat in oormaat geeet word is sleg.

Leave A Comment