Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Bereiding van bevrore voedsels

Table of Contents

Bevrore etes is ʼn wonderlike manier om jou op die regte en gesonde pad te hou, indien jy ʼn stywe werkslading het en min tyd het vir kosbereiding.

Om gesonde praktyke toe te pas teen voedsel bederf moet die volgende riglyne gevolg word:

Vleis/Proteine
• Groot maat rou vleis moet binne 24 h gaar gemaak word (5 kg plus)
• Groot maat rou bevrore vleis moet verkieslik plat verpak word om vinniger te ontdooi.
• Groot maat rou bevrore vleis moet in die yskas ontdooi.
• Groot maat gaar vleis moet dadelik oop gekrap word in plat panne sodat die oppervlakte van verkoeling vergroot word en die vleis in die kortste tyd moontlik afkoel tot 17 C.
• Gaar vleis mag nie in ʼn ys- of vrieskas geplaas word om vinniger af te koel. Die interne temperatuur van die kaste sal verhoog en ander voedsels sal negatief daar deur beïnvloed word.
• Instruksies vir die ontdooi en gebruik van gaar bevrore voedsel in verpakking moet duidelik op die etikette aangedui word. Voedsel moet in die yskas ontdooi en daarna verhit word BO kook punt sodat indien daar enige skadelike mikrobes mag wees, dit vernietig kan word.
• Bevrore verhitte proteïen disse mag NIE weer verkoel of verhit word. Skep eerder uit die yskas ontdooide gereg en verhit.
• 6 maande bevriesing maks.
Geen afkoel van enige voedsels in plastiek, plastiek is ‘n swak geleier van hitte en sal dus hitte vasvang en voesel sal binne ‘n uur begin “kook” en afgaan. Raar maar waar. Wees asb hier versigtig om nie warm kos in plastiek bakkies uit te skep.
• Biltong vries vir maande goed, maar draai eers in ʼn linne sakkie toe voordat dit gestoor word. Haal uit wat jy nodig het en laat eers wind droog vir ʼn uur of wat voordat dit gebruik word.
Vleis geregte

Stysels
• Rys is ʼn veiligheids risiko en moet presies soos vleis hanteer word as dit gaar is. Vinnig af gekoel word en ook net 1 x verhit word nadat dit ontdooi het.
• Pasta, rys, mielierys, stampmielies, gort ens moet al dente gaar gemaak word: nie deur gaar want onthou die produk word weer verhit en sal pap word en ook waterig wees. So, kook dus net tot amper deur gaar, daar moet nog ʼn bros byt wees.
• Persoonlik verkoel ek pasta en rys na gaarmaak met koue water om die kook proses te stop en die brosheid te behou. Daarna roer ek olyf olie deur sodat die stysels nie aan mekaar vas klou. Skep dan uit en bevries indien dit individueel sal wees. Skep so plat moontlik in sodat dit vinnig kan ontdooi.
• Indien stysel in ʼn laag bedien word skep ek die gereg bv. Kerrie en rys onderste bo in sodat my koshuiskind net die bakkie kan omdraai in sy bord en die lae lê reg. Dit is persoonlike keuse.
Stysel resepte
Bevrore aartappel skyfies
• 6 maande bevriesing maks

Groente
Hier is ʼn volledige artikel oor die bevriesing van groente: Bevriesing van groente

6 maande bevriesing maks

Eiers
Vries perfek. Die geel en wit kan geskei bevries word of die hele eier in die dop of uit die dop. Merk asb die pakkies met eiers want ek het al met eierwit foute gemaak. Vries eiergele met ʼn druppeltjie water bo-op in ys houertjies en druk uit sodra gevries en stoor in lugdigte houers.

3 maande bevriesing maks

Bron: Annelien Pienaar 2019 www.annelienpienaar.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

5 Replies to “Bereiding van bevrore voedsels”

  1. Ronelle Stopforth

    Eks versot op jou leesstof en wonderlike resepte

  2. Annelien

    Ronelle, baie dankie dat jy saam Twist op die Boerekos met’ n Twist FB groepie. Groete Annelien

  3. Charlene De Klerk

    Vir jare al was ek al gereeld moedeloos en na aan trane in die kombuis, meeste resepte soos byvoorbeeld die maak van krummelpap en die maak van fudge het my moedeloos gehad. Daar was gewoonlik net die resep en geen HOE by om van dit ‘n sukses te maak. My ma kon ek nie vra vir raad(Sy het nie geweet nie), my skoonma het net haar skouers opgetrek en gesê sy gooi dit en dit by en skat maar so min of meer en as ek dit probeer doen het was dit gewoonlik ‘n droewige mislukking(en my man het net sy kop geskud en maar langtand gesmul aan my poging) EN ek kon nooit ooit die skrywer van die resepteboek of resep bel en in ‘n huilstemmetjie vra wat nou nie! Tot ek Boerekos met ‘n Twis ontdek het. Vir die eerste keer in my lewe kon ek ‘n vraag vra en die skrywer van die resep het my dadelik geantwoord(wow!) Daar was tegniek by elke resep(wow!) Ek het nou die dag vir die heel eerste keer Krummelpap( na seker 100 mislukte pogings ) volgens Annelien se instruksies gemaak EN dit was ‘n reuse sukses! Baie dankie Annelien, jy het my lewe verander! Van Kook en Verdriet na Kook en Geniet – alles te danke aan jou!

  4. Annelien

    Hallo Charlene,

    Sjoe, baie dankie vir die mooi en uiters positiewe brief. Dit is wonderlik om te lees dat jou wilskrag nooit gebreek was tov kreatief wees in die kombuis. Nou gaan jou huis jou hande en voete soen omdat jy nou by die regte plek is wat omgee vir haar werk en nie net die massa’s wil bedien, maar seker wil maak dat die leser waarde vir hul geld kry en ook daardie persoonlike kontak. Mag jy vir jare nog heerlik saam Twist.

    Groete Annelien

  5. Sop en Bredie bevriesing - Annelien Pienaar

    […] Lees ook verder oor hierdie onderwerpe by: Bevriesing van Groente  Bereiding van Bevrore voedsels […]

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!