Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-Kombuis

Table of Contents

Photo by: Annelien Pienaar Food Consultant (www.annelienpienaar.co.za)

Hallo Twister,

Baie dankie vir die lekker kuiertjies aanlyn by die BKT Bakkiesblad groep en al die spog gebak en gekook wat kom pronk. Jammer oor die nuusbriefie wat nie verlede week uit gegaan het. My arm is baie beter en die pols kan al draai…die seuns is baie bly want nou kan hul hande rus van al die tik. Ek het hierdie week ook besef dat die kinders nie op skool geleer word om te tik soos ons van ouds geleer het om te doen. Ek het deur Googeloer geflits en ou oefeninge teë gekom en die ouens laat oefen…hul wil al huil as hul hoor a, s, d, f, j, k, l, . Wel, ek dink dit is vir hulle toekoms die beste ding wat ek hul seker kan leer, behalwe maniere en om Godvresend te wees.

Wat het ek vir julle in die resepte arsenaal vir hierdie week? Daar is Melkkos met ‘n Twist met ‘n kinkel vir ons Glutenvrye mense,  Meusli (waarvan so ewe die e en die u omgeruil is…nie eke, die klein basies wat help tik het!). My fout dat ek nie behoorlik geproeflees het. Sal die ene nog reg stel. Dan is daar ook ‘n Bierbroodjie met Kaings en Peppadews gemaak met die Bakkersmengsel wat op die gratis afdeling van die tuiste is (foto volg môre. Laaste maar nie die minste nie, ‘n ongelooflike lekker en ook gesonde Framboos asyn Framboos (Raspberry) asyn. Ook ‘n kuur voor die verkoue en griep kom wat ek so paar weke voor winter doen: Boererate en Gemmer met ‘n goeie dosis Echina Force elke dag. Lees maar elke resep en geniet.

Baie dankie aan ieder en elk wat die reis en pad met my en BKT se ontwikkelling stap. Dit is harde werk, niks kom verniet nie…so ook nie slaap nie. Dus, as jy vandag hier lees en dink sy is gebless…nee, ek is nie gebless nie, ek word deur die Vader gelei en omdat ek erken ek is Sy Hippie-kind en volkome oorgee aan hom…bless hy my omdat ek gehoorsaam is. Ja, hoor my mooi, soms is ek so vrek besig dat ek besef, maar Here, ek het nog nie vandag een gesprek met U gehad. My tye alleen, op die pad, in die kantoor…soms sit ek hardop met Hom en praat, dat my kantoor mense dink ek is mal. Soms antwoord hulle…ja, alleen stap ek nie die pad nie. Mag elke liewe mens, maak nie saak hoe oud jy is, wat moet oor begin omdat jy jou werk verloor het…weet, net deur jou eie gewilligheid om te wil woeker, jy wel bo kan uit kom. Ek was daar en glo my die uitdrukking wat ek eendag by ‘n student gehoor het toe ek nog dosseer het: “Mam, I feel so down, I have to look up to see the ground.” Sulke woorde wil jou eers laat glimlag, maar dan besef jy hoe ernstig die donker dieptes vir so ‘n persoon is…want ek het baie al so gevoel. Maak tyd om met ‘n geliefde te praat, nee nie kerm nie, net praat. Hetsy ‘n vriendin, eggenote, vriend, kind, die dominee…moenie stil bly praat, vra hulp. Elke dag bid ek vir my Skepper: Here, seen my met goeie gesondheid, my gesin en my Twisters…sonder ons gesondheid kan ons nie woeker.

Geniet die nuwe week en al die opwinding met die BKT kook program wat begin op VIA, kanaal 147, om 18h00 Maandag. Hier wys ek vir julle ook ‘n stukkie van hoe ek leef. Dit wat julle gaan sien is ek, niks opgesmuk, die ware rou ek. Ek dink ook dit is waarom ek ‘n tyd gelede my heel eerste panic attack gekry het…want ek het besef hoe erg ontbloot ek myself om vir julle alles te wys…kompleet soos by die ginekoloog. Die resepte sal op Netwerk 24 beskikbaar wees, maar dit is net vir subskripsie lede. Ek het ‘n ompaadjie gekry en gaan dit wel ‘n week later op die gratis deel van die webtuiste laai…en elke Dinsdag oggend tussen 08h00-09h00 gaan ek vir 10 minute op Pretoria FM kuier en ook die resepte daar aflees. Verder kan julle die radio van oral deur die land en die wereld luister deur net op Pretoria FM se tuiste in te gaan en dan op die “live streaming” te klik. Daar is ook in volgende week se Huisgenoot vir julle nuwe resepte te kies en keur om te gebruik…’n hele artikel oor BKT! Nog nie klaar gekoer…daar is na elke episode ‘n wonderlike geskenkpak vir ‘n kyker om te wen…

Voorskou van die BkT TV reeks: VIA Kanaal 147

Van ‘n dankbare hart na jou wat hier lees…saam sal ons deur die Kombuis kopkrappers wikkel en woel…so ook al die muis neste in onse harte skoonmaak, ons families en Skepper dien.

BKT groete
Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

15 Replies to “BKT Klets-Kombuis”

  1. Ida

    Baie Sterkte op die reis, en dankie dat jy so Baie met ons deel.

    Ida Bouwer
    Windhoek
    Die ene wat nie koeksisters kan bak nie!😀

  2. Annelien

    Jy moet net begin met die gebakkery. Groete en lekker kuier voor die kassie. Annelien

  3. leanasmith92

    Baie dankie vir al jou harde werk, die brief aan die einde van die week is so lekker! Voel of ons met mekaar gesels. Ek is so trots op jou al ken ek jou nie persoonlik nie! Sien uit na die program op via en om bietjie sò nader kennis te maak. Baie sterkte met alles wat jy en jou gesin doen, die pad saam met ons Vader is beslis die moeite werd. When you walk with God you walk in His light…be blessed Annelienxxx

  4. Annelien

    Dankie Leana, groete Annelien…PS: Sy Hand is elke dag te sien…ons het nie eens nodig om te soek!

  5. leanasmith92

    AMEN👐

  6. Alberta

    Partykeer na n erediens besef ek… vandag het die dominee direk met my gepraat. Hierdie nuusbrief praat vanaand ook direk met my. Dankie vir dit en dankie vir jou menswees wat jy sonder skroom met ons deel. Seënbede vir jou.

  7. Ena Posthumus

    Wat ñ lekker kuier- en geselsbrief. Baie dankie, Annelien. Voorspoed en seën vir die komende week.

  8. Veronica

    Dankie vir die ‘Bakkersmengsel’ broodjie Annelien. Mooi naweek!

  9. Gerda Vierra

    Haai maar ek waardeer jou leka praaitjies en dis heerlik om so n opregte mense mens te ken!!!! Ons Vader is groot en ons besef net elke dag meer en meer HOE WONDERBAAR!!!!! Sien uit na d VIA programme!!!!

  10. Annelien

    Mens leer elke dag iets…mens se hart moet net oop en ontvanklik wees. xxxAnnelien

  11. Annelien

    Seen wense vir jou ook en jou geliefde vir die nuwe week. xxx Annelien

  12. Annelien

    Hoop dit is alles en nog meer waarna jy gesoek het. Groete Annelien

  13. Annelien

    Wonderlik om ‘n Twister soos jy op die BKT paneel te he. Mag jy sommer heerlik saam kuier voor die kassie. xxx Annelien

  14. Gerna

    Jammer ek kry nie die comment gekanseleer nie. Ek sal eerder vir jou e mail stuur.

  15. Annelien

    Moenie kommer nie, ek het delete en sal jou help. Jy kan die resep met 4 keer aanmaak per keer en dan onthou jy gaan so 6 porsies x 4 uit kry…dit is dan per aanmaak 24 en ek dink dit is n oondpan vol as ek nou reg uit gewerk het. Sterkte en mag dit sommer heerlike bederfkos vir die gaste wees. Groete Annelien.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!