Bakkersmengsel Bierbroodjie met Kaings en Peppadews

Bakkersmengsel Bierbroodjie met Kaings en Peppadews

Photo by: Annelien Pienaar Food Consultant (www.annelienpienaar.co.za)

Bierbroodjie is op almal se spyskaarte wanneer daar gekamp of gebraai word. Vir my is hierdie resep een met ‘n hele paar Twists. Ek gebruik die basis mengsel en voeg dan variasies by, maak ook die heerlikste sout muffins. Kom ons begin.

4 k (560 g) Basiese Bakkersmengsel
2 t bakpoeier
1 e Groentesout Boerekos met ‘n Twist kookboek p. 211
1 blikkie bier (450 ml) (kan met melk vervang word)
1 k karringmelk
1 eier
½ k sonneblom olie
¼ k peppadews, gekap
¼ k uie gekap
1 k cheddar kaas
¼ k olywe gekap (opsioneel)
¼ k kaings / olywe

Voor verhit oond na 180 ℃ en smeer ‘n broodpan van 25 cm x 10 cm en 10 cm hoog. Plaas eenkant.

Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die kaas by en meng met vingers deur, dan die peppadews, uie en, kaings olywe.

Meng die res van die nat bestanddele saam en giet by die meel mengesel. Roer vinnig deur en maak seker jy roer nie te veel nie. Die deeg moet nog klonterig wees. Skep in broodpan en bak vir 60 minute. Vir 12 muffins bak 35 minute by 180 ℃.

Keer uit en bedien met roomkaas en Soetrissies sous uit die BKT kookboek.

Hoeveelheid: 8 – 12 porsies
Bron: Annelien Pienaar, 2018, Pretoria FM praatjie

2018-04-10T05:51:21+00:00 0 Comments

Leave A Comment