Boererate en Gemmer!
Vandag is ek nie regtig lus vir resepte nie…ek wil bietjie van my Boererate deel om die winter met verkoue en griep die hoof te bied.
Het jy geweet…dat gemmer een van moeder natuur se kragtigste anti-oksidante en ontgifters is? Ontgif is eintlik so ‘n mooi woord vir “detoxify”…ja die gebruik van vars gemmer is vir winter tye onontbeerlik. Nou kom ek vertel julle die storie van hoe ek by gemmer uitgekom het.
My vriendin, Naceema se boetie was ‘n mediese dokter en die het in alternatiewe medikasie spesialiseer. So het ek deur Naceema geleer om deur kos myself gesond te eet. Een winter leer sy my van die trek van ‘n gemmer tee om die liggaam te ontgif en ook teen sekondêre infeksies te baklei. So hou ek aan om die detox ding te doen so ook in die somer. Op ‘n stadium bel ek haar een Desember en vertel haar ek dink ek gaan nou in my oorgangsjare in. Ek dooi van die hitte uitslag. Sy begin vragies te vra en begin toe te lag. Sy lag so, sy vra om my terug te bel. Ek sit en wag.
Naceema bel my terug en hoes nog van die lag. “My dear, for detoxing in summer time you must use the Menthol families, not ginger. Ginger makes you hot and Menthol plants not…ment will cool you down!”
Wel hierna lag ons gereeld oor my oops!
Die tee resep:
1 k kook water
1 duim lengte gemmer…so 3cm ongeskil (vir somer tye: Mentblare…druk die koppie half vol met blare)
1 t rou heuning (opsioneel) ek sit net by vir my kinders.
Giet die kookwater oor die gemmer en laat 10 minute staan, dreineer en voeg heuning by. Drink 3x per dag as jy begin siek word en 1 x per dag as die winter gogga’s hul kop uitsteek.
Groete en mag julle ‘n gesonder winter beleef! Begin betyds die imminuteit te boost en onthou…gaan sien die dokter as die simptome vererger. Hierdie raad is om te voorkom, nie te genees.
Annelien
Foto krediet: Hanneri de Wet fotografie, vir die BKT kookboek.
Danki vir d resep ek e my man drink in d oggende vars lemmetjie se sap hy rasper d skil e rooibos tee baie lekker
Ah, sommer baie bly julle leef so gesond. Geniet. Groete Annelien
Annelien hi.. vir hoe lank moet n mens die gemmer tee drink om te voorkom dat die winter Kieme begin pla asb
So drie weke voor winter begin
Hallo Annalien
Ek het inflammasie agv Lupus en Reumatoide arthritis.
Sal die gemmertee help vir dit?
Baie dankie
Hallo Annamarie, ek is nie in die medieseveld gekwalifiseer nie. Dus dra ek nie kennis van of die gemmertee sal help. Groete Annelien
Annalien..as ek nie vars femmer het nie..mag ek die gemmerspesery gebruik? Vra maar net
Jy kan gedroogde gemmer gebruik in ‘n derde mate as die vars omdat dit so gekonsentreerd is.