Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis

Table of Contents

Hallo Twister.

Dankie vir ‘n heerlike week se kuier en al die positiewe terugvoering oor die Boerekos met ‘n Twist kookprogram, maandae op VIA, om 18h00. Die program doen baie goed en julle kykers maak dit vir my alles moontlik om so ‘n program op die kassie te bring. Moenie huiwer om kommentaar te lewer oor goed wat dalk mag pla, en hoe ons kan verbeter op jul kykgenot as die kans homself voordoen.

Ek het vandag amper van my stoel geval toe iemand my laat weet ek moet op ‘n sekere radio stasie inskakel wat gesêls oor preservering…ek wou nie my ore glo nie…gebottelde aartappelslaai van alle dinge. Mense, ek kan nie genoeg raas, praat en onderrig oor hierdie wan praktyk. Ek heg weer vir julle ‘n skakel na ‘n Gratis Artikel aan oor die gevare… So 5 jaar gelede het ‘n vroutjie (wat langs my in die hospitaal gelê het in die kraamsaal) haar storie vir my vertel…ek was in my hart ook verpletter. Lees nou mooi, lees fyn!

Hierdie mensie was 32 weke swanger en het Botulisme opgedoen. Hoe? Sy het gebottelde Aartappelslaai op ‘n mark gekoop. Die aartappels reeds oor die verval tyd en koue ketting gebreek en die vrou het begin halusineer…amper soos iemand wat n beroerte kry. Opgeneem en vir haar lewe geveg…longe het plat geval en die baba verloor. So, het jy al ooit in jou lewe aartappelslaai gebottel deur KOO of enige ander handelsmerk op die rak gesien? Mhhh? Nee… Lees asb hierdie: Aartappels en die gevare asook Verkoeling van aartappels.

Hierdie week se resepte is soos volg gelys en klik net op die skakels. 
Gratis: Episode 2 van BKT kook: Bees Lende skyf met Tuisgemaakte botter en bros gebakte aartappels

Subskripsie resepte:
Piesang en Kondensmelk slaai
Baba Spinasie slaai met Klapperroom slaaisous

Portugese Vlatertjies

Mag die naweek vol rus en vrede wees.

BkT groete

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “BKT Klets-kombuis”

  1. spokiesteen7048

    Baie dankie. Wonderlike naweek vir jou…

  2. Annelien

    Baie dankie en dieselfde aan jou en jou geliefdes. Groete Annelien Pienaar

  3. gaynor_r

    Hi Annelien ek sukkel met die web bladsy. ek weet nie waar om alles te vind nie. Ek soek die quinoa broodjie resep asseblief. Ek jou boek die begin van die jaar al gekoop en is dol daaroor.
    Al die wenke is so behulpsaam. Baie dankie.

  4. Annelien

    Hallo Gaynor. Onthou as jy vanaf ‘n foon werk jy na die BkT resepte deel moet gaan of beter nog gebruik die vergroot glasie om die search te doen. Jy moet ‘n subscriber wees om van die BKT resepte gebruik te maak. Kontak my per epos by boerekostwist@gmail.com om verder te help. Ek sal vir jou die link epos. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!