BKT kletskombuis

BKT kletskombuis

Liewe Twister.

Ek het lanklaas vir jou ’n “Editor’s note” geskryf. Vandag gaan hierdie een baie, baie lang ene wees. Daar is deesdae goedjies wat kop uitsteek rakende Voedsel Veiligheid wat absoluut kommerwekkend is. Kritiese bestanddele soos vleis, stysels wat gebottelleer word, ham en salamis wat preserveer word sonder kennis van die onderwerpe. Goed wat vertel word wat jou en my ouma gedoen het…sommige van ons voorouers is dood van goed soos botulisme sonder dat daar kennis oor die siekte was. Hoeveel stories hoor ek nie van grootouers wat vertel van hul ouers…Wat erg verswak en swak sinnig geword het en dan gesterf het. Absoluut onverklaarbare siektes, eintlik was dit die silent killer genaamd botulisme. As ek dink aan vleis wat in vet preserveer was byvoorbeeld. As daar nie salpeter bygevoeg was nie, sou dit dan veroorsaak het dat mense stadig maar seker begin doodgaan.

Kom ons begin by goed wat vir my rooi ligte laat afgaan. Gebottelde Aartappelslaai en Pasta slaai. Vra jouself die vraag af: Hoekom sien ek nie gebottelde aartappelslaai of pasta slaai onder die “Label” van KOO, Heinz en vele meer? Omdat dit nie veilige praktyke is nie. Kom ek verduidelik die ding so. Om vleis te preserveer in kannetjies en botteltjies word dit in ‘n pot wat soos ’n stoompot lyk gekook…die verskil is net, hierdie canner werk bietjie anders as ’n stoompot. Dit werk teen kPa (druk), maak met klampe vas en het valsbodems sodat die bottels nie kan bars met die verhitting nie. Die temperatuur in hierdie potte kan tot 300C gaan of hoër. Dink nou vir jou wat met mayonnaise gaan gebeur met soveel hitte? Jy gaan met een olie spul sit…Daarom dat dit nie gedoen kan word. Maar die doel van die canner is om verby 120C skadelike dodelike mikrobes te vernietig soos Clostridium Botulinum. Punt is, aartappels bevat stysel en proteïene…al geruik hoe aaklig vrot aartappels…dit is weens die proteïene in die aartappel. Jy kan dus baie, baie siek word en selfs doodgaan.

In Amerika is daar mense wat onlangs salami’s gemaak het sonder salpeter en die hele huishouding is deur Botulisme gedood….ook die mense aan wie hul die vleis verkoop het. Maak seker jy weet wat jy aanvang. As jy iets aan iemand verkoop, vra die vraag vir jouself…is ek seker ek gaan nie iemand skade doen. Moenie met die verskoning kom maar my sussie, of ouma, of vriendin kan getuig dit werk. Ja,…en as die paw-paw op die grond val? Vra vir enige voedsel dosent, huishoudkunde juffrou, chef met 4 jaar kwalifikasie, mediese dokter en apteker wat hul van hierdie praktyke dink…hulle gaan vir jou lag en vra of jy van lootjie getik is.

Inmaak is wonderlik maar dan moet jy verseker wees jy ken die reëls en vra ook die regte gekwalifiseerde mense wat kan help. Suiker kan nie in konfyte, blatjang ens. minder gemaak word…as 50% nie, want suiker dien as preserveermiddel. Dit is nie net daar vir lekkerte nie, dit het sy werk en doel. So ‘n lae suiker produk se rak lewe is baie, baie kort en gewoonlik 7 dae. Dus, preserveer en waag, maar maak seker en lees oor goed wat nie sin maak. Ek werk elke week in fabrieke wat ek moet aangee by departement gesondheid oor die klas van tjol. Dus, ek het ’n verantwoordelikheid om jou te waarsku.

Jammer, vir die preek, stuur hierdie boodskap uit. Ons kan nie by markte hierdie goed verkoop nie. Onthou…as dit nie op die winkel rak beskikbaar is…hoe in hemelsnaam kan jy dit waag om iets van ’n tuisvervaardiger te koop as jy weet pasta en aartappel is betwyfelbaar. Maak die regte keuse en praat.

Geniet jou naweek en jammer vir die preek…liewer laat as nooit.

Groete

Annelien

2018-01-23T06:57:00+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Anné-Marie January 23, 2018 at 10:12 am - Reply

    Dankie hoor

    • Annelien January 23, 2018 at 1:36 pm - Reply

      Groot plesier Anne-Marie. Groete Annelien Pienaar

Leave A Comment