Aartappels in die Yskas is ‘n groot NEE!

Aartappels in die Yskas is ‘n groot NEE!

Kortom is die verkoeling van aartappels in jou yskas nie gewens nie. Ek wou eers vir julle hierdie artikels vertaal het, maar die terme gaan in elk geval so moet bly. Punt is, wanneer die aartappels vir so lank verkoel word of as dit groen word, kan dit jou stadig maar seker siek maak deur karsinogenes (kankervormende substanse). Want as die aartappel gaargemaak word sal dit soeter wees en wel dit is juis daar waar die probleem en die rooi ligte moet afgaan. Jy is besig om jouself en jou mense siek te maak. Ja, jy gaan nou vra maar die mense wat aartappels verskaf stoor die aartappels in koelkamers en wie weet waar nog. Vir my is die antwoord maklik. Maak seker waar jy die aartappels aankoop. Lees die etiket, geen ingevoerde aartappels nie, koop direk by die boer, vra ook uit d.m.v. epos na die boer wat hul praktyke is. Daar is wel variëteite wat so gekweek word om koue storing te doen sonder die newe-effekte. Ek is tans besig om navorsing te doen oor Aartappel verbouing in Suid-Afrika en sal eersdaags vir julle terugvoering gee. Vir nou…lees asb. die artikels met die skakels onderaan. Die UK artikel is vakkundig gefundeer en ek vertrou die bron.

My raad is egter dat aartappels eerder verwerk moet word en bevries moet word. Ek het reeds ‘n jaar gelede vir julle die resep op die web geplaas waar aartappels eers in sterk sout water halfpad gaar gekook word, dan met yswater afgekoel word, effens gedroog en dan bevries. Ja, dit klink te goed om waar te wees, maar die aartappel word met ‘n soortgelyke proses in die industrie verwerk. Nou kan jy dit self tuis doen. Hierdie proses sal vir jou bros aartappels gee as jy dit wil diepvet braai, sal heerlik wees in stowe geregte. Punt is, ons het nie nodig om aartappels so lank te stoor as mens dit eerder kan bevries. Tik onder die www.annelienpienaar.co.za se soek sleutel die volgende titel in om die resep te kry vir bevriesing: Bros gebakte Aartappels.

https://www.nidirect.gov.uk/articles/storing-food-safely-potatoes
http://www.netdoctor.co.uk/healthy-eating/news/a26275/storing-potatoes-in-the-fridge-could-be-a-health-risk/
http://www.potatoes.co.za/

Foto: All About Potatoes

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-01T06:52:22+00:00 0 Comments

Leave A Comment