
Soos die kinders sou sê: Hierdie resep is nou nie Rocket Science nie…maar helaas niet! Piesang se smaak kan soveel meer kompleks wees en komplimenteer word met ‘n verskeidenheid kruie en speserye wat op ‘n subtiele manier bygevoeg word. Hier is my weergawe van my moeder se resep.
3-4 groot piesangs in wieletjies gesny en met suurlemoensap gesprinkel om verbruining te voorkom
1/2 blikkie kondensmelk
1/2 k room
1/4 k mayonnaise
1/4 t droë mosterd poeier
1/4 t fyn kaneel
knippie neutmuskaat
knippie sout
vars mentblare vir garnering
Ek verkies om die piesangs laaste te sny en eers al die sous bestanddele saam te meng. So word verbruining van piesangs voorkom. Dus, meng al die bestanddele saam en giet oor die piesangs. Roer versigtig deur en laat vir ‘n uur staan voor bediening. Hou ongeveer 3 dae in die yskas.
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 4 porsies