(www.annelienpienaar.co.za)

Hierdie slaai is gepak met vitamiene en minerale, kraakvars uit die tuin. Maak die slaai in die aparte 2 dele ‘n paar dae voor die tyd. Ons neem dit gereeld saam as ons gaan kamp. Letterlik net roer en gooi na ‘n langdag se rond rits in die veld agter wild aan.

500 g baba spinasie blare
1 rooi ui, fyn gekap
1 k wit kool, fyn gekap
3 groot wortels, fyn gerasper
¼ k sesam saad
¼ k pecans fyn gekap
¼ k rosyne of dadels (gekap)
1 k granaat pitte of selfs sitrus wiggies, gebruik vrugte in seisoen

Slaaisous
1 k dubbel dik Griekse yoghurt
1 k appelkoos of perske gegeurde yoghurt
½ k klapperroom
¼ suurlemoensap, vars gedruk
½ k mayonnaise
Knippie sout
Vars gemaalde swart peper

Meng al die bestanddele saam. Gebruik soos nodig en in hoeveelheid van jou keuse oor die slaai.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 4-6 porsies