Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Wildspastei

Table of Contents

Wildsvleis is skaars soos hoendertande in die Pienaar huishouding want manlief hou nie van jag. So, as ek per toeval ‘n pasella’tjie kry dan word elke kriesel van die vleis verwerk. Hierdie pastei kry ekstra naeltjies in, maar kan verminder of selfs uitgelaat word. Hierdie is ‘n luukse gereg en neem tyd om te maak met die beloning van ongelooflike geure en smake. Geen wild wat geproe word. Loer gerus na meer inligting oor Wildsvleis in my nuutste kookboek Vleis: die omvattende gids

Ek verkies om boudvleis of blad vleis te gebruik. Maar as jy stowe stukkies vleis het sal dit ook met hierdie metode werk. Week die vleis in karringmelk indien dit van wild is met ‘n baie sterk smaak. Ek ondervind dat blouwildebees en waterbok asook vleis van manlike diere wel skerper in smaak is en dit moet dus in die karringmelk kom. Koedoe, Eland en kleiner boksoorte is nie so wild in smaak. Hierdie is my ondervinding en indien jy verskil…asb jy is welkom en los vir my kommentaar onder aan hierdie resep.

Die volgende dag word die karringmelk van die vleis af gevee en dan ingevryf met ‘n woestersous mengsel en dan op ‘n bed van groente en rooiwyn geplaas.
3 e woestersous
5 e mayonnaise
1 e medium growwe sout
1 t vars gemaalde swart peper
10 heel naeltjies in die vleis gesteek

Vir elke 3 kg vleis het jy die volgende nodig en word in volgorde soos genoem gepak in ‘n kasserol bak.
2 medium uie
2 seldery stingels, in ringe gesny
4 wortels in ringe gesny
1 knoffel bolletjie in die helfte gesny en tussen groente geplaas, moenie op breek
250 g sampioene, gesnipper
4 groot aartappels, geskil en blokkies gesny
250 g gerookte ham of spekvleis repies
2 k goeie kwaliteit rooiwyn
3 kg vleis

Plaas die vleis in voorverhitte oond van 160 C en bak in toe kasserol vir 4-6 ure totdat die vleis van die been af val. Onthou die wyn se vrugtige geure trek in die vleis in. Dit is belangrik om nooit ander vloeistowwe by wyn te voeg as jy kook. Dit sal veroorsaak dat die gereg ‘n bitter smaak kry omdat die alkohol nie kon ontsnap tydens die gaarmaak.

Dreineer die vleis en laat afkoel. Sny die vleis en maak dit fyn deur met twee vurke in fyn stukkies te krap. Dreineer die aftreksel onder in die kasserol bak en hou eenkant. Puree die groente en meng met die vleis. Indien jy vind dat die vleis baie droog is kan van die aftreksel by die vleis gemeng word soos dit jou smaak sal geval.

Opmaak van pastei
Skilferkors ,deeg een keer se aanmaak of 200 g gekoopte skilferkors deeg.

Voor verhit oond na 200C en smeer n keramiek of glas pasteibak met botter uit. Skep die vleisvulsel in die bak en trek ‘n skilferkors kombersie oor die bak. druk die kante netjies teen die randte in en sny met ‘n lemmetjie die bokant van die deeg in patroontjies. Maak ‘n gaatjie in die middel van die pastei sodat stoom kan ontsnap. As jy nie die gaatjie maak gaan die deeg oplig en af gly.

Plaas die bak in ‘n oondpan want as jy dalk te veel vog bygevoeg het mag dit dalk oorkook in jou oond. Liewer Bang Jan as skrop.

Bak die pastei vir 30-40 minute tot mooi goudbruin. Bedien dadelik.

Bygeregte wat ek voorstel saam met hierdie heerlike Wildspastei is:

Patatpoffers en Mielierys in die Boerekos met ‘n Twist kookboek

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!