Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Outydse soetkoekies

Table of Contents

Hierdie deeg kan vele hantering van klein handjies oorleef! Ek het met hierdie koekie groot geword en my ma het net hier en daar ‘n nuwe geurtjie en tekstuurtjie bygevoeg en die koekie was iets uit ‘n ander wêreld. Wat ek baie van die deeg geniet is die fluweelagtige gevoel van die deeg. Mens kan net nie ophou vroetel met die deeg nie. Selfs rou is hierdie deeg sommer heerlik. Die deeg kan ook in ‘n rol gevries word en dan in skywe gesny word en direk gebak word…of rol en druk uit. Die koekie is ook uiters geskik vir die floating tegniek. Die raklewe in die yskas is 10 dae, so vir kleuterskole is hierdie ‘n wonerlike reseppie om te gebruik.

Omdat hierdie deeg met baie botter gemaak word is dit raadsaam om die deeg eers vir 30 minute in die yskas te laat rus. Verder wanneer ek enige soort deeg voorberei van pastei, tert tot koekie deeg doen ek die volgende: Plaas ‘n bakplaat vooraf in die vrieskas. Neem kleef plastiek en vorm die deeg in ‘n reghoek van ongeveer ‘n halwe A4 grootte. Vou die deeg toe en rol met koekroller mooi eweredig en draai om en rol weer. Plaas die deeg op die yskoue bakplaat en plaas dan in die YSKAS om vir 30 minute te rus. Die koue van die bakplaat sal die botter ‘n hupstoot gee om gou weer ferm te word. Draai die deeg na 15 minute om.

115g Botter of Rama of Stork bake
200g Wit suiker
1 Eier
30ml Melk
5ml Geursel: Karamel, Suurlemoen, Vanielje, Sjokolade, Koffie is heerlike variasies
350g Koekmeel
10ml Bakpoeier
2ml Sout

Metode:
1. My grootste geheim by die maak van koekies en versiersuiker wat baie botter in kry: Rasper die botter as dit te hard is of as jy vergeet het om dit betyds uit te haal. Klits dan die botter eers sonder enige byvoeging tot dit egalig en glad is. Dit neem ongeveer 5 minute om by daardie stap uit te kom. Stop die klitser as die spaantjies verstop raak en die botter gaan vas sit. Krap uit en klits weer.

2. Voeg nou die suiker by en klits die mengsel tot lig geel en donsig. Neem ongeveer 5 minute. Voeg nou die eier, melk en geursel by en klits weer tot lig en donsing.

3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel. Roer die mengsel met ‘n houtlepel om ‘n bol te vorm. Druk die deeg liggies aan mekaar en vorm in reghoek soos in teks beskryf.

4. Rus die deeg vir 30 minute en rol ongeveer 3mm tot 5mm dik uit. Plaas die koekies ongeveer twee vinger spasies uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir 8-10 minute by 180℃.

Variasies:
1. Sjokolade koekies: 60ml Kakao en haal dan 60 ml koekmeel uit die resep. Nog ‘n variasie is 60 ml kakao plus 100g Sjokolade splinters by stap 3.

2. Klapper koekies: 60ml Klapper en amandel geursel by stap 3.

3. Lemoenkoekies: 15ml Suurlemoenskil en vervang melk met suurlemoensap en voeg by stap3.

4. Milo of Hot choloate koekies: 60ml by stap 3.

5. Spesery koekies: 2.5ml Kaneel, 1ml Gemmer, 1ml Neutmuskaat en 100g fyn pekans by stap 3.

Extra resources for recipes, rollers and cookie presses:
1. Tekstuur koekie resep soos vir ‘n Tennisbeskuitjie effek: Brosbrood tekstuur koekie resep

2. Vierkantige tekstuur roller koekies

3. Kiaat koekie drukkers

English

115 g Butter or Rama or Stork bake
200 g white sugar
1 Egg
30 ml Milk
5 ml Flavouring: Caramel, Lemon, Vanilla, Chocolate, Coffee are delicious variations
350 g Cake flour
10 ml baking powder
2 ml salt

Method:
1. My biggest secret when making cookies and icing that gets a lot of butter: Grate the butter if it is too hard or you forgot to remove it in time. Then whisk the butter first without any addition until it is even and smooth. It takes about 5 minutes to get to that step. Stop the beater as the beaters get clogged and the butter gets stuck. Scratch and whisk again.

2. Now add the sugar and beat the mixture until light yellow and fluffy. Take about 5 minutes. Now add the egg, milk and flavouring and whisk again until light and fluffy.

3. Sift together the flour, baking powder and salt and add to the egg mixture. Stir the mixture with a wooden spoon to form a ball Lightly press the dough together and form into rectangle as described in text.

4. Rest the dough for 30 minutes and roll out about 3 mm to 5 mm thick. Place the biscuits about two finger spaces apart on a greased baking sheet and bake at 180 ℃ for 8 – 10 minutes.

Variations:
1. Chocolate cookies: 60 ml Cocoa plus 100 g Chocolate splinters at step 3.

2. Coconut cookies: 60 ml Coconut and almond flavouring at step 3.

3. Lemon cookies: 15 ml lemon zest and replace milk with lemon juice and add to step3.

4. Milo or Hot chocolate cookies: 60 ml at step 3.

5. Spice cookies: 2.5 ml cinnamon, 1 ml ginger, 1 ml nutmeg and 100 g fine pecans at step 3.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, BKT kook klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 50

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (21)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

11 Replies to “Outydse soetkoekies”

  1. Liana Kaminsky

    Hi Annelien, sal hierdie soetkoekieresep werk vir daardie “Bicuit cream tarts” wat so mooi versier word met macaroons, arbeie en vars blomme, met miskien ‘n roomkaas versiersuiker?

  2. Annelien

    Hallo Liana, ja hierdie koekie as jy hom bietjie langer bak sodat hy hard uit kom sal perfek werk. Groete Annelien

  3. Liana Kaminsky

    Dankie Annelien, vertrou jou resepte volkome, dankie vir n uitstekende bron van inligting en inspirasie.
    xxx

  4. Annelien

    Liana, dankie dat jy saam Twist! Geniet en kom vra as ek met enige iets kan help. Groete Annelien

  5. Lynn Reynolds

    Hi Annelien
    Kan ek die deeg aanmaak en oornag net in n houer in yskas bere vir grbruik en uitrol die vlg dag.

  6. Annelien

    Hallo Lynn,

    Jy kan met gemoedsrus hierdie deeg in die yskas hou of vries.

    Groete Annelien

  7. Jeannie Harmse

    Hallo Annelien sal hierdie resep werk vir n elektriese koekiedrukker ?

    1. boerekostwist

      Jeannie, dit sal.

      1. Jeannie Harmse

        Baie dankie waardeer.

        1. Cynthia

          Hoe lank sal gaar koekies kan hou in lugdigte houer? Nou al bak vir vakansie

        2. boerekostwist

          Cythia, as dit kamertemperatuur gestoor word so 6 weke, gevries so 3 maande. Groete Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!