Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-Kombuis week 9

Table of Contents

Hallo Liewe Twister,

Die week het verby gesnel en nooit ‘n vervelige oomblik in die Pienaar huis en waar meeste van julle resepte ontwikkel word. Hierdie week het ek nuwe goed probeer met die Filistyne vir etes en sommiges het goed af gegaan en ander…minder goed. Manlief is maar ‘n koppige eter en rys, vleis en aartappels is sy stapel voedsel…soms geniet hy ‘n slaaitjie en hy sit nie sy mond aan hoender. Die kinders is weer baie gehoorsaam en eet alles wat voorgesit word, want hulle weet…as jy nie eet, ma het vrede, jy kan maar honger slaap. So staan ek nou die dag en gesêls met ‘n nuwe mamma en die is absoluut teen pakslae…wel ek ook…tot ‘n mate. Na ons gesprek dink ek aan hoe ons die kinders groot gemaak het. Ek het ‘n baie rigiede rotiene met die baba’s gehad en vasgebyt totdat daar ‘n patroon gevorm het. As ek nou aan die middelste rooikop dink, weet ek nou nog nie hoe ek dit gemaak het. Die jonge rooie dingetjie het koliek gehad. Ek dink as ek hom eerste gehad het sou ek nie nog wou kinders kry, met die vrees vir nog so ‘n skree sessie. Ek het vir 4 maande vas gebyt, die baba letterlik op my bors vasgemaak en hom so regop gedra. Dit was al wat hom rustig gemaak het. Die rotine, wel, dit was onwrikbaar vas.

Toe besef ek eensklaps dat hierdie rigiede rotines (wat ons as jong ouers) instinktief toegepas het…outomatiese dissipline by die kinders gekweek het. Ek dink ek kan op my een hand tel die kere wat ek ‘n raps gegee het. Rooikop is natuurlik dodelik bang vir ma se stem! Ek sit soms en wonder watter tipe etertjies hulle sou gewees het as ek nie so gefokus het op wat hul eet? Ek weet net dat die Filistyne van my lief is vir vars groente en baie water. Vleis natuurlik altyd eerste keuse met etes, maar soms deur die week eet ons vir 2 dae nie vleis. Nie omdat ek wil nie, maar omdat vleis so duur geword het. Vandat ons so begin eet kan ek ook sien die kinders is meer engergiek. Ek maak peulgroente gaar soos ‘n dahl en bedien dit met ‘n roti. Of ‘n heerlike tuinslaai met neute en ertjies en so bietjie alternatiewe proteine soos Quinoa. Punt is, ons kan goedkoper eet deur die kinders van jongs af te wys, vars eet is lekker.

Verder loer gerus op die onderstaande skakels na die resepte wat ek hierdie week vir julle getoets het. Twee van die resepte is nog nie afgeneem en sal dit oor die naweek doen. Geniet julle naweek en rus heerlik uit, want ek het wonderlike nuwe planne vir Melktert week.

Mango Blatjang
Songedroogde Tamaties
Bone Broth
Vleis- en Groente Aftreksels

BKT Klets groete

Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!