Groen- en ryp mango’s werk perfek met hierdie blatjang resep. Die blatjang kry eenvoudige bestanddele sodat die mango smaak behoue bly tydens die kookproses. Warm bottellering van die produk is baie belangrik sodat die raklewe verleng kan word na 12 maande op die rak.

3 kg ferm mangoes, geskil, ontpit, dun skywe gesny (groen mangoes werk ook perfek met hierdie resep)
250 g pitlose rosyne, gemaal
2 medium uie, grof gekap
400 g witsuiker
1 liter asyn
5 ml gemaalde gemmer
5 ml sout
5 ml peper

Sprinkel sout oor die mangoes en plaas dan saam met die res van die bestanddele in ‘n vlekvrye staal kastrol.

Kook die mengsel matig vinnig totdat dit begin verdik. Toets of die mengsel gereed is om te bottel, deur ‘n piering in die yskas te plaas en ‘n druppel van die mengsel op die bordjie te drup. As daar ‘n mooi velletjie vorm op die blatjang en die druppel ferm bly sonder om loperig te wees, is die mengsel gereed om in warm gesteriliseerde bottles geskep te word en dadelik seel.

Ander manier om te toets of die mengsel gereed is vir bottellering is die feit dat die mengsel met die helfte moet weg kook.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 6-8 bottels blatjang van ongeveer 375 ml