Die verskil tussen Aftreksel en “Bone broth” is basies die feit dat die “Bone broth” vir baie langer en laer temeperatuur gekook word om maksimale nutrient onttrekking te laat plaasvind. Verder word Appel asyn by die “Bone broth” gevoeg sodoende te help om minerale makliker te onttrek.
Jou volgende vraag is seker nou: “Wat maak mens met die Bone Broth?”
Wel navorsing het bewys dat meer minerale, vitamine en ook gelatien onttrek word met hierdie lang proses met bygevoegde suur. Dit is goed vir hare, naels, IBS en “leaky gut syndrome” om maar net ‘n paar gesondheids kondisies te noem. Hierdie praktyk word ook met die Paleo diet geassosieer.
1.5 kg gemende beesbene soos stert, skenkels, nek en kort rib sonder vleis
2 medium wortels, grof gekap
3 seldery stingels, grof gekap
2 medium uie, halveer
1 e olyf olie
1 loerier blaar
2 e appel asyn
15 peper korrels
5 knoffeltoontjies gekneus, nie nodig om te skil nie
3-5 liter water (maak seker die bestanddele is bedek met die water)
Voorverhit oond na 200 ℃. Plaas die bene in ‘n pan en sprinkel olyf olie oor. Rooster die bene 30 minute en draai, rooster weer vir 30 minute.
Slowcooker
Voeg dan al die bestanddele saam en plaas in Slow cooker. Draai die stelling op LOW en kook vir 24 uur totdat al die nutriente onttrek is.
Dreineer en bottel in striele flesse. Sodra verkoel kan die verharde vet afgeskep word. Gebruik soos voorgeskryf, gewoonlik word dit gedrink per voorskirf deur die Paleo-, keto of low carb dieët. Gewoonlik word ‘n vastings tyd gebreek deur die inname van 250 ml been aftresel. Ek persoonlik vind dit uiters voedsaam voor ek sou eet. Verder bevat die aftreksel baie kollageen wat weer ander voordele het.
Stoof
Voorverhit oond na 200 ℃. Plaas die bene in ‘n pan en sprinkel olyf olie oor. Rooster die bene 30 minute en draai, rooster weer vir 30 minute. Indien groot hoeveelhede bene gekook word en tyd is ‘n probleem, kan hierdie stap oor geslaan word en eerder langer gekook word vir maksimum ontrekking.
Voeg dan al die bestanddele saam en plaas in kastrol. Bring die bene tot kookpunt en draai dan die plaat af na stelling 1 en kook vir 12 ure met ‘n deksel. Vul die vog aan met kokende ketel water. Onder GEEN omstandighede met koue water want dit sal die onttrekking van nutriente uit die bene belemmer.
Dreineer en bottel in striele flesse. Sodra verkoel kan die verharde vet afgeskep word. Gebruik soos voorgeskryf, gewoonlik word dit gedrink per voorskirf deur die Paleo-, keto of low carb dieët. Gewoonlik word ‘n vastings tyd gebreek deur die inname van 250 ml been aftresel. Ek persoonlik vind dit uiters voedsaam voor ek sou eet. Verder bevat die aftreksel baie kollageen wat weer ander voordele het.
Bron: Annelien Pienaar, 2018, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 1-2 liter
Annelien dink jy slowcooker is beter as drukpot?
Die onttrekking is baie beter per Slowcooker
Gister die broth ding gedoen. Vandag die broth gebruik vir stock om beesstert pot te maak. Eindresultaat ñ hemelbreë verskil van die gewone stock. Dink nie ek sal sommer weer stockblokkies koop/gebruik nie.
Hallo Herman. Dit is sommer lekker om van jou te hoor. Ja, ek stem 100% met jou saam en ek het ook houertjies vol gevriesde aftreksel, gereed om dadelik te gebruik. Baie dankbaar jy het laat weet dit het goed gegaan. Lang proses en elke oomblik die moeite werd. Groete Annelien
Annalien ek maak my broth van vrylopende hoendervoete en nekkies.
Dis so ‘n wonderlike genesende drankie.
Moet ek dit ook vir 24 uur kook.
So dankbaar vir jou resep het altyd gewonder of ek dit op hoog of laag moet kook.
Hallo Rean, nee omdat hoender bene baie sag is, sal dit vir die helfte van die tyd korter kook. Jy sal hoog gebruik want omdat hoender Salmonella bevat sal dit by low verseker gedy. Groete Annelien
Ek is besig met die bene in die oond.
Was nog gevries en Ek. Het
koue water gebruik in vleis bak. Die water in bak lyk soos wanneer jy bene in water afspoel.
Moet Ek eerder nuwe skoon water vat om mee te begin. Moet al die vet in bene uitgeskep word bv. Murg en vleis deeltjes?
Rita,
Dankie vir die vraag. Jy moet die water hou want dit is waar die goedheid in opgelos het.
Groete Annelien