Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis 11 Mei 2018

Table of Contents

Photo by: Annelien Pienaar Food Consultant (www.annelienpienaar.co.za)

Die is weer tyd vir verslag doen en nuwe resepte met julle deel. Ek gaan bietjie ou resepte vir julle afstof en ‘n maaltyd beplan vir die moeder, vriendin, ouma, tannie, niggie of enige een wat jy wil bederf…met ‘n bord samesyn. Ek is alleen vir Moedersdag en het besluit om die ander “ma’s” in my lewe te bederf. Dus, as jy alleen is vir Moedersdag…reik uit en seën iemand met samesyn, kuier en omgee.

Dit was ‘n uitdagende week vir my gewees. Te veel hooi op my vurk omrede ek nie kan nee sê vir werk. Ek het my rekenaar vir ‘n paar dae ingeboek vir herstel en nou weer op die lug. My drukker het die gees gegaf en ‘n gedoente gewees om tyd te maak om een in die stad te gaan aanskaf. Ek dink nie mens besef hoeveel van ons daaglikse werk word aan ‘n rekenaar gekoppel. Die tyd sonder die outjie was eintlik nogal lekker…maar ook senutergend want jy wet die berge navrae gaan jou in

die boud byt.

Die naweek word afgesluit met die laaste van die BKT verfilming. Daarna is dit klas more en dan rus. Sondag het ek ‘n spesiale ete vir paar vriendinne ingedagte en ek deel die spyskaart met bederfies met julle.

Mag die naweek vol liefde, vrede en rus wees.

Spyskaart vir Moedersdag
Vingerhappies met aankoms se teetyd.
Miljoeners koekies
Pikante Hoender mayo tertjies

Hoofmaal
Vark krakelinge
Varkboud met soet sousie
Aartappel en Groenbone gereg
Patat en Karamel rol

Gebraaide gegeurde rys

Nagereg
Waenhuiskoek: Koek en Meringue in een!

Nuwe Resepte
Karamel en Pekantert
Episode 5 van Boerekos met ‘n Twist op VIA TV, kanaal 147. Maak jou eie Pasta

BKT Klets-kombuis groete

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “BKT Klets-kombuis 11 Mei 2018”

  1. spokiesteen7048

    Baie dankie. Dis ñ groot bederf…

  2. Annelien

    Geniet!

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!