
Wanneer ek die geleentheid kry om Kaiings te maak of heerlike Vark krakelinge is my eerste keuse altyd Vark lies of Vark pens velle. Ek is baie bevoorreg om in ’n area te woon waar ek vrye toegang tot vleis het met al die boere rondom ons. Dus, kry ek heerlike vark wat geen vismeel reuk het en met goeie vet verspreiding vir die perfekte krakelinge en ham wat ek maak.
1 kg vark lies of pens
100 ml wit asyn
1 k maldon sout of growwe sout
Neem ‘n kombuis lappie en deurdrenk dit met asyn. Vee die varkvel paar keer met ‘n skoon lappie af sodat die vet verwyder word van die vel se oppervlakte.
Maak die Monkey gland sous aan en nou moet jy mooi werk. Skep die sous onder in ‘n oond pan. Plaas die vleis met die vel kant na bo, op die sous. Moenie dat die sous enigsins met die vel deel in aanraking kom nie.
Hier is die geheim om die vel nou voor te berei vir die bak aksie en die lekker bros maak deel. Plaas die vark oornag en onbedek in die yskas. Die onbedek is baie belangrik sodat die vel kan uitdroog nadat dit met die asyn gevee is.
Sodra die vleis gereed is vir die oond, sny dan die vel en maak seker jy sny nie te diep nie. Die pienk van die vleis moet net-net wys.
Pak dan die varkvel toe met die growwe sout. Ja, jy lees reg, pak dit toe. Die sout gaan in die bak proses die vel baie warm laat word en ook ekstra vog uit die vel onttrek. Wat verder met die bros bak help.
Bak dan die vleis by 170 ℃ vir 2 ure onbedek en haal dan uit die oond om die sout af te skraap. Plaas die vleis dan nader aan die rooster element van die oond en draai die hitte op na 200℃ en bak vir 30 minute of totdat die vel mooi uit gepof het.
Bedien op ‘n bed van kapokaartappels, soet worteltjies en sout groente. My doodskoot is natuurlik krummelpap met heel mieliepitte en in my Boerekos met ‘n Twist kookboek en die Kaiings op p.96

Monkey gland sous
2 uie, fyngekap
2 e olyfolie
250 ml tamatiesous, goeie kwaliteit of resep op webtuiste is puik
250 ml blatjang
15 ml woestersous
30 ml sagte bruinsuiker
½ t gerookte paprika (Cape Herb ‘n Spice)
2 e fyn gekapte vars knoffel
1 t sout
1 t lemoen peper, vars gemaal
Braai die uie met olyfolie tot sag en glansend. Voeg knoffel by en braai vir ‘n minuut. Voeg die res van die bestanddele by en kook vir 10 minute oor matige hitte tot dik. Bottel warm of gebruik dadelik. Raklewe is 6 weke in die yskas.
Bron: Annelien Pienaar, 2017, Vleisverwerkings klas
Porsies: 4-6 persone
I love pork belly, but cannot “cope” 🙂 with crisping the skin in the oven and the fat splattering all over the show, dit CRACK my op. Is there any other way of crisping the skin? Between two baking sheets perhaps or skin side down in a cast iron pot? Dankie
Have you ever considered taking aluminum foil and make a spatter guard? I always fold 4 folds and do it this way with no mess in the oven! Try it and come back to me…build like a small foil cage around the pan.
Kind regards Annelien