Pikante Hoender Mayo tertjies

Pikante Hoender Mayo tertjies

Hierdie is so ’n effense kroek kors tussen ‘n blaardeeg en broskors. Die geheim is die koud bewerking van die deeg en die verhouding van smeer tot koekmeel. Verder is hierdie deeg binne 5 minute gereed, geen rustyd nodig nie. Die ongebakte tertjies kan gevries word vir 3 maande en kan van gevriesde toestand dadelik in die vooraf verhitte oond teen 190 ℃ vir 15 minute gebak word.

Om te vries: vries die tertjies eers in die panne, haal uit en vries vêrder in lae waspapier. Voordat jy bak moet dit weer in dieselfde pannetjies gebak word anders is dit ‘’n plat pizza tertjie.

Vulsel
Maak hierdie vulsel redelik lank voor die tyd om kans te kry om goed af te koel. Gewoonlik maak ek dit die aand voor die tyd en laat goed afkoel.

8 hoender filette
1 hoender aftreksel blokkie
1 liter water
1 k mayonnaise
1 k room
2 ekstra groot eiers
½ t knoffel
Peper na smaak
1 e tiemie, gedroog

Voeg aftreksel blokkie in die water en kook tot opgelos. Voeg hoenderborsies by en kook tot gaar en sag. Laat die hoender afkoel en sny kleiner of kap in voedselverwerker tot medium grof.

Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur. Bedek en verkoel.

Deeg
210 g (1 ¼ k) koekmeel
210 g (1 k) botter of goeie kwaliteit bakkers margarien, gevries
150 mℓ room
Knippie sout

Voorverhit oond na 200℃ en smeer 4 dosyn pannetjies met Koekpan smeer op p.12 in Boerekos met ‘n Twist se kookboek. Die beste kleefwerende smeer ooit.

Die hele geheim van hierdie deeg is dat dit so koud as moontlik bewerk moet word. Dus, moet die botter van gevries eers gerasper word. Daarna dadelik by die meel gevoeg word en in die voedselverwerker grof gemeng word, lees mooi, nie soos broodkrummels verwerk nie, daar moet nog klonte sigbaar wees. Hierdie klonte gaan vir ons die kenmerkende blasies van blaardeeg gee.

Voeg die room by en draai lem totdat jy sien die mengsel kom net-net, by mekaar. Haal uit en druk met koue hande wat in koue water gedoop en afgedroog is (want ek het baie warm hande) en druk liggies aanmekaar.

Sprinkel werksoppervlakte en deeg mildelik met meel en rol die deeg ongeveer 5mm dik uit. Onthou wanneer ons deeg rol om genoeg meel in die begin op die werksoppervlakte te gooi, anders sit die deeg vas as jy begin vormpies uit druk.

Druk vormpies van jou keuse uit en plaas in gesmeerde pannetjies. Vul met vulsel so veel as wat jy wil. Bak by 200 ℃ vir 10-12 minute.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Boerekos met ‘’n Twist se werke.
Hoeveelheid: 8 dosyn 5 cm deursnit tertjies.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-25T16:53:35+00:00 0 Comments

Leave A Comment