Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Sop en Bredie bevriesing

Table of Contents

Hoe vries mens soppe en Bredies?

Hierdie is ‘n ROOILIG vraag en ek wil jul die gevare uitwys voordat almal siek word en of jy kos moet weggooi.

Basies dink ek die reëls vir soppe en bredies kook is van toepassing in beide gevalle.

Kastrolle: aluminium is NIE geskik, ja jy sal nie saam stem want jy het dalk al grootmaat gekook. MAAR die risiko vir ‘n pot kerrie en rys vleis of ‘n pot groente sop met bene vleis in staan en kook by kamertemperatuur en is suur, onbruikbaar. Daar vind ‘n chemiese reaksie tussen die sure van die voedsel en die wand van die kastrol. Dit verkleur sekere voedsel, daar word ook ‘n snaakse blikkerige smaak gevorm en dan die ergste dat die voedsel nadat dit in die kastrol skynlik afgekoel het, begin borrel sonder ‘n rede. Vlekvrye staal is die beste opsie om in grootmaat te kook.

Warm hou vir bediening: Risiko temperature is 5C tot 60C. Daarom vir bediening niks langer as 2-3 ure by 65C-75C.

Afkoeling: die beste opsie is om voedsel so gou moontlik nadat dit berei is, veral grootmaat voedsel, oop te krap in groot vlekvrye staal plat panne soos schafer dishes. Hoe groter die oppervlakte hoe vinniger verdamp vog en koel die produk af. Moenie die produk in ‘n vrieskas sit want dit sal die ander bevrore produkte se temperatuur laat styg en so kan dit ook afgaan tov raklewe en kwaliteit.

Verpakking: maak seker jy verpak NOOIT OOIT in jou lewe enige voedsel WARM in houers. Onlangs die situasie gehad met ‘n instansie wat een personeellid nie die konsep van plastiek houers en hitte verstaan het. Die hoender gereg het wonderlik uit gekom en word dan in plastiek bakkies gevries vir ‘n “heat ‘n eat” konsep. Sy het NIE die produk volgens voorskrifte afgekoel en dadelik in die plastiek bakkies oorgeskep en die deksels dadelik op gesit. So wat het gebeur? Plastiek is ‘n swak geleier van hitte en hou dus hitte vas. Omdat die bakkie ook nog toe was, het die plastiek die hitte nie vrygestel en ook nie deur die kante enige afkoeling want plastiek resoneer (vibreer) hitte terug in die produk. So, die produk was by ongeveer 75C ingeskep en het begin kook in die houertjie. Jy kon letterlik die borrels sien en later het die deksels af geskiet. So…Ja jy kan in plastiek verpak maar dan moet jou produk afgekoel wees en dadelik bevries word.

Verhitting en ontdooiing: soppe en bredies vries baie goed en kan eenvoudig ‘n dag voor die tyd uit die vrieskas gehaal word en in die yskas ontdooi en in die mikrogolf verhit word. Indien jy baie haastig is en direk uit die vrieskas wil werk, moet jy die defrost funksie van jou mikrogolf gebruik. Maak altyd seker dat soppe en bredies deur warm is en alles moet op dieselfde dag gebruik word. Om weer te stoor en te verhit is nie veilig want bakterie groei so en dan sit jy met voedsel vergiftiging.

Lees ook verder oor hierdie onderwerpe by:
Bevriesing van Groente 
Bereiding van Bevrore voedsels


Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2003

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!