Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Moedersdag spyskaart

Table of Contents

Gerookte forrel quiche
‘n Veelsydige basis vir ‘n heerlike kombinasie van proteine soos gerookte hoender, kassler ribs vleis, vis en oorskiet gaar vleis. Die rokerige vleis geure sal heerlik met die roomkaas in hierdie resep kombineer.

450 g gaar protein van keuse, vir hierdie resep het ek “cold smoked trout” gebruik
3 e olyfolie
200 g spekvleis, gesnipper
250 g knopie sampioene, gesnipper
1 groot ui, fyn gekap
1 t knoffel, fyn gekap
350 g roomkaas
125 ml vars room
1 k medium dik witsous (BKT kookboek)
3 groot eiers
4 e vars dill gekap
1 e suurlemoensap

Broskors deeg en druk die helfte van die deeg in die voorbereide pan. Oorskiet deeg, druk plat en vries vir latere gebruik.

Voor verhit oond na 180℃.

Breek die vleis in stukkies. Braai die spek met olyf olie tot bros en skep uit. Braai die uie met ‘n knippie sout tot glansend en voeg die sampioene by. Roerbraai totdat die sampioene se vog verdamp het. Voeg knoffel by en roerbraai weer vir ‘n minuut en haal van die plaat en skep uit in mengbak om vinniger af te koel.

Meng die res van die bestanddele by die lou warm gebraaide uie en spek. Skep in voorbereide tertkors en bak vir 45 minute by 180℃.

Sitrus en Fennel slaai
100 g (1 k) gesoute neute van keuse, grof gekap
2 fennel bolle, fyn gesny deur die dwarste om ringe te vorm
5 lemoene geskil in wiggies of ringe gesny
Growwe pink himalaya sout vir sprinkel
Swart peper grof gemaal

Pak die slaai bestanddele netjies uit in ʼn mooi oop slaai bak en berei die slaaisous voor.

Slaaisous
100 ml olyf olie
50 ml balsamiese asyn
2 e gladde dijon mosterd
15 ml heuning
½ t tiemie (thyme) gedroog

Plaas al die bestanddele saam en met ʼn blenderstokkie meng tot ʼn eenvormige massa.

Nagereg
Ek is baie lief vir enige soet bederf met Sjokolade in. So hierdie ou en uiters betroubare resep vind weereens sy pad na my tafel vir heerlike koffie na middagete.

Sjokolade Ganache tertjies

Groete

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Moedersdag spyskaart”

  1. Anselda

    Baie dankie vir AL jou moeite. Dit word opreg wssrdeer

  2. monicadurr

    Hello Annelien . baie dankie vir die resepte,
    hoe groot quiche maak dit?
    En as ek die smoked trout quiche maak sou jy se dit is nodig om eers die kors te blind bake? ,.
    en indien ek eers moet blind bake,
    bak ek dan nog additional vir 45 min vir 180C.

    dankie
    Monica

  3. Annelien

    Monica, blinkbak is nie nodig nie, dit is ‘n broskors en kan direk gebruik word.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!