Hierdie resep kan ook gluten-vry gemaak word en die koekie basis kan eenvoudig net uitgelaat word. Die buitenste deel van die tertjie is bros en krakerig met die neute laag. Die kern van die tertjie fluweel sag. Maak egter seker dat die sjokolade wat jy koop geen gluten bevat. Onlangs wel ‘n bakkers sjokolade gekoop wat gluten bevat het, lees dus die ettiket noukeurig.
Hierdie tertjies vries sonder die room versiering baie goed. Dit is my nood happie as ek gaste op die nippertjie ontvang. Bedien hierdie tertjies by kamertemperatuur en nie direk uit die yskas. Hierdie resep halveer en verdubbel met gemak.
500 ml room
225 g x donker sjokolade splinters
100 g Lindt donker sjokolade 70-80%, splinters gebreek
2 x ekstra groot eiers of jumbo
100 g (125 ml) suiker
100 g Neute – amandels , haselneute , pekanneute , makadamian neute werk almal goed, fyn gekap.
100 g Nutti krust koekies, fyn gebreek met 2 e gesmelte botter gemeng vir basis van kolwyntjies
250 ml room styf gelits met 2 e strooisuiker, ½ t vanielje geursel.
Vars bessies van keuse
Voor verhit oond na 150 C en berei twee 12 gat kolwyntjie pannetjies voor met kolwyntjie papiertjies. Druk 1 e van die koekiemengsel binne in elke kolwyntjie gaatjie. Plaas eenkant.
Verhit room tot kookpunt en giet oor gekapte sjokolade en meng tot glad. Voeg die suiker by en roer tot opgelos. Laat om effens af te koel tot kamer temperatuur. Klits dan die eiers by.
Giet die beslag deur ‘n fyn tee siffie, sodoende verseker dit ‘n gladde satynagtige tekstuur.
Giet op koekie laag en sprinkel fyn gekapte neute oor. Bak teen 150C vir 20 min en niks langer. Die gebak mag dalk “nat” lyk, maar sal stol soos ‘n vla sodra dit afkoel.
Laat afkoel en hou in yskas. Bedien met room en bessies.
Bron: Annelien Pienaar, 2018-09-19
Hoeveelheid: 24
Annelien …. ai sien al so lank uit om met jou te gesels .. nie die moed gehad nie.
Ek wil baie graag vir jou kom kuier en sommer net gesels – maar ek weet jy is baie besig … sal maar wag tot die volgende
beskikbare kursus datum, dan kan ons kuier.
Dit is werklik ‘n voorreg om al jou lekker resepte en goeie raad te kry per epos. Jou boek is ook fantasties en gebruik dit baie.
Wou maar net “hallo” sê….. mooi dag vir jou
Hallo…loer maar na die kursus datums. Sal wonderlik wees om te ontmoet. BKT groete Annelien
Annelien, kom die Lindt ook in die ganache of kom dit saam met die neute in die korsie?
Roland, die Lindt kom saam in die ganache wat gesmelt word. Groete Annelien