Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kondensmelk melktert

Table of Contents

Hierdie heerlike tert kan op ‘n wye verskeidenheid maniere berei word van ‘n groot tert tot individuele porsies. Ek het bietjie die smake van kondensmelk en vla in gebring en my gesin is mal oor die veerligtheid van die soet bederf. Ek maak ook melktert sigare deur 1 vel van die filodeeg in 4 te sny en spuit dan 10 cm repe melktert pap wat afgekoel het op en vou toe, bak in olie tot bruin en bedien met ‘n sprinkel kaneel en versiersuiker. Ander opsie vir ‘n kors is: Doppie deeg resep

1 liter volroom melk – 1 litre of full cream milk
6 eiers – 6 eggs separated
1/2 k suiker – 1/2 cup of white sugar
1/2 blikkie kondensmelk / 1/2 tin condensed milk
6 e (90 ml)-6 tbsp (90 ml) custard powder
3 e (45 ml) mielieblom (cornstarch)
3 e (45 ml) botter  – 3 tbsp (45 ml) butter
1 t vanielje geursel – 1 tsp (5 ml) vanilla extract or essence
Ekstra fyn kaneel vir versiering – fine cinnamon for dusting the milktart at the end
1 roll of phyllo pastry
100 ml melted butter and pastry brush
tertbak 20-25 cm deursnit en 5-10 cm hoog

Filo

Voorverhit oond na 180C Rol die filodeeg oop en plaas ‘n klam maar nie nat vadoek oor soos jy werk. Deel die rol deeg in die helfte oor die breedte. Daarna smeer ‘n vel mildelik met die gesmelte botter en frummel dit liggies reg rondom die kant van die bak…amper soos ‘n nat lappie wat jy mooi vorm om soos ‘n pof rokkie om die rand te loop. Hou so aan totdat jy tevrede is met die randjie. Plaas dan ‘n dun lagie van twee lae op die middel. Bak die kors dan vooraf totdat die punte bruin en bros is vir so 5-8 minute. Hou dop die gedoente brand maklik. Sodra gaar, hou eenkant vir die warm vulsel.

Vlavulsel

Plaas melk en kondensmelk in ‘n groot genoeg glas mengbak wat geskik is vir mikrogolf werk. Verhit die melk tot onder kookpunt so 5 minute. Hou asb ‘n oog.

Klits eiergele en suiker saam tot lig geel en romerig vir so 5 minute. Voeg die vlapoeier en mielieblom by en klits weer.

Voeg bietjie van die warm melk by die eiermengsel so ‘n halwe koppie en klits goed deur. Voeg nog ‘n halwe koppie by en kits weer. Giet die eiermelk mengsel terug by die oorblywende melk en roer goed deur. Mikrogolf vir 5 minute en stop elke minuut en klits deur.

Klits die eierwitte totdat dit net net begin styf word en punte vorm. Hou eenkant.

Sodra die eiervla gaar is roer die geursel, botter by en vou dan die eierwitte in. Giet in voorbereide kors. Laat die tert goed afkoel voordat die kaneel met mooi patroontjies oor gesprinkel word. Gebruik n baie fyn tee siffie om kaneel netjies te strooi. Loer in die winkeltjie hier op die webtuiste vir die mooiste stensils vir melktert en vele meer.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2021-02-25 Neem kennis, hierdie resep mag net met die direkte skakel gedeel word op sosiale media. Asb geen copy en paste. Sluit gerus aan by my Privaat kook groep: Boerekos met ‘n Twist die Kookgroep op Facebook

Hoeveelheid: 1 groot melktert of 2 ronde standaard foelie bakkies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Kondensmelk melktert”

  1. Ansie Ward

    Ek is n nuwe lid en geniet die blad.
    Groete.
    Ansie

  2. Annelien

    Hallo Ansie, hartlik welkom by die blad en ook die groep. Moenie huiwer om in te loer en te vra as jy nie seker is oor eninge iets. BKT groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 1
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!