Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Appeltertjies met vla vulsel

Table of Contents

Hierdie tertjies is heerlik en kan in massa maat gemaak word en dan bevries word. Winkel deeg kan ook ingespan word indien tyd teen jou tel. Deesdae kry mens wonderlike “Flaky pastry” by die “Puff pastry” rolle te koop.

Sprinkelmeel vir uitrol (hierdie meel kan in die vrieskas gestoor word vir 6 maande)
140 g koekmeel
10 ml kremetart

Meng saam en plaas in lugdigte houer. Neem ʼn stukkie moeselien doek en bind 4 eetlepels meel in die sakkie met ʼn lintjie en gebruik dit om die oppervlaktes met meel te bedek vir uitrol. Stoor sommer die bondeltjie na die tyd in die houer.

Deeg
1 kg (7 k) plus 1 e koekmeel
700 g (3 k) plus 1 e botter of 80% bakkersmargarien
10 g (2 e) mielieblom
10 g (12 ml) sout
400 g (500 ml) yswater
20 g (20 ml) yskoue suurlemoen sap of brandewyn

Plaas ʼn bakplaat in die vrieskas met ʼn stukkie bakkerspapier op of silikoon mat.

Sif die koekmeel, mielieblom en sout saam.

Voeg die botter blokkies by en vryf met die vingerpunte in maar net totdat die botter so groot soos ertjies is. Onthou die deeg word gerol en hierdie kolletjies word plat gerol en versprei om die lagies te vorm.

Maak in holte in die meel en voeg die water en suurlemoensap by en m.b.v. ʼn deegskraper werk die meel vanaf die kante na die middel in. Sodra dit lyk of die mengsel by mekaar kom druk die deeg met ligte knie bewegings vir 1 minuut saam.

Haal die koue bakplaat uit en plaas die deeg op die plaat en rol effe plat in ʼn reghoekige vorm. Om uitrol later te vergemaklik. Verkoel vir 30 minute bedek in die yskas.

Rol die deeg met 2 enkel voue. Rus vir 30 minute en rol weer 2 enkel voue. Herhaal nog net een maal om ʼn totaal van 6 enkel voue te kry. Rus die deeg eers weer vir 30 minute voordat dit verwerk word. Wenk: bevriesing: Die deeg kan ook by die 6de rol finaal uit gerol, op gerol word in waspapier lae en bevries word soos winkel deeg. Bedek goed met kleef plastiek en stoor in vrieskas.

Gebruik deeg soos voorgeskryf in resepte. Die gewenste dikte vir pasteie met uitrol is ongeveer 3-4 mm (twee vuurhoutjies op mekaar).

Vla vulsel
1 k melk
4 e witsuiker
3 eiergele (vries die eierwitte vir Pekan droompies in die Boerekos met ʼn Twist kookboek)
15 ml (1e) mielieblom
Knippie sout

Meng die mielieblom met bietjie melk om op te los en hou eenkant. Neem die res van die melk en verhit dit op die stoof in ʼn kastrol.

Klits die eiergele en suiker saam tot lig en romerig en klits dan die mielieblom mengsel by. Sodra die melk begin kook skep die mielieblom mengsel by en met ʼn ballon klitser hou aan klits oor lae hitte om styf te word. Pasop vir aanbrand.

Sodra die mengsel verdik het en gaar is (proe) neem so 5 min, roer die botter by asook 1 t geursel van keuse.

Druk kleefplastiek op die vla en laat goed afkoel. Ek vind om die vla in ʼn langwerpige pannetjie of glasbak af te koel met die kleefplastiek oor help dat dit vinniger afkoel.

Appelvulsel
6 Fuji appels (baie soeter en geuriger as ander appels), klokhuis verwyder en in 2 cm x 2 cm blokkies gesny, geskil.
¼ k water
45 ml suurlemoensap
4 e heuning of bruinsuiker
4 e witsuiker
½ t kaneel
Knippie neutmuskaat
Knippie gemmer
Knippie sout
1 t karamel geursel

Skil die appels en soos jy skil, dompel die appels in suurlemoen water. Dreineer die appels en plaas in ‘n diep kastrol. Voeg die water, heuning, witsuiker by en bring tot kookpunt. Roer effens. Kook oor matige hitte totdat die appelstukkies sag word, maar nie pap.
Sprinkel die kaneel, neutmuskaat, gemmer, sout en vanilla oor. Meng goed deur, krap oop in groot bak en laat goed af koel.

Aanmekaar sit van die resep
Wenk: hoe kouer die bestanddele hoe beter die eindresultaat.

Rol die deeg ongeveer 3-5 mm dik uit. Sny die deeg in 15 cm x 7 cm repe jy kan ongeveer 12-20 stukkies uit die deeg resep kry.

Kry ʼn bakkie water met ʼn kwassie gereed, pak die deeg lagies voor jou uit en begin deur elke stukkie deeg reg rondom met water te smeer.

Draai die deeg in landskap orientasie voor jou en skep die vulsel in die middel van bo na onder om ʼn lang reep te vorm. Druk vulsel effens plat en skep dan ʼn laag vla oor. Vou die deeg toe en druk liggies vas langs die kante asook op die naat. Dit is waarom die water so belangrik is om as gom te dien dat die nate kan klou.

Plaas die tertjies in die vrieskas vir ʼn uur.

Voorverhit ʼn wok of diep kastrol met sonneblom olie en verhit na 180C. Indien jy nie die olie temperatuur kan meet, sit ʼn blokkie brood in die olie, as dit dadelik op kom en verbruin is die olie gereed.

Bak 2 tertjies op ʼn keer in die olie en bak tot bruin aan beidekante. Dreineer goed en sprinkel met ekstra versiersuiker voor bediening. Heerlik saam met ʼn skeppie roomys.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2021-02-20
Hoeveelheid: 12-20 stukkies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

5 Replies to “Appeltertjies met vla vulsel”

  1. Elize Engelbrecht

    Hallo. Ek kan nie die resep van die week oopmaak nie? Wat sal die probleem wees, my subskripsie is betaal tot Desember 2021.

  2. Peggy Landman

    Palmiers Pigs ears, my goodness! Hoe maklik is dit nie.
    Ek bak nie meer vreeslik baie nie. Klein kombuis, weduwee en ” als sit mos op die heupe.”

    Ek bak en kook 1x per week vir my doger, Leonore Coetzer, en haar familie.
    Kapok aartappels het ek ook altyd so warm as moontlik Gemash.
    Ek het uit 1957 “Kook en Geniet”, matriek, leer kook. En sowaar, daai boek is nog sreeds op my boekrak.

    Baie dankie. Ek leer baie saam met die nuwe kookkers en bakkers.
    Groete

  3. Salomie Opperman

    Kan nie die resep sien nie appeltertjie met vla

  4. Annelien

    Salomie, druk refresh op jou rekenaar en dan sal hy wys. Groete Annelien

  5. Annelien

    Elize, daar was ‘n tegniese probleem gewees en die resep is nou 100% sigbaar. Geniet.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!