Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kalahari Springbok boud

Table of Contents

Oom Hannes Brits een van ons gereelde besoekers en nou al ‘’n ou vriend van my, het hierdie heerlike resep van hom gedeel. Hy is ’n boorling van Namibië en hier is sy woorde: “Ek plaas nie gewoonlik resepte nie, maar hier is ‘n uitsondering op die reël.”

Wat hierdie resep so aanloklik maak is dat dit nie vereis word dat die boud vir dae in iets moet marineer nie.

1. Die storie werk so vir ‘n boud van so 1 tot 1, 5 kg.

2. Eerstens vee jy die boud mooi skoon met die binnekant van ‘n halwe suurlemoen.
Sny al die vliesies en los dinge mooi af.

3. Neem ‘n groot stuk tinfoelie en plaas dit binne in ‘n oondpan.
Plaas die boud in die middel van die foelie.

4. Die idee is om die foelie rondom die boud te vou op so ‘n manier dat dit ‘n tuit na bo vorm – wat jy styf kan toedraai, sodat daar darem nog plek vir lug tussen die foelie en vleis is.
As jou foelie te klein is, las twee stukke aanmekaar.

5. Maak maar seker die storie is dig geseël, dit is baie belangrik.

6. Nou meng jy die volgende speserye om ‘n “rub” te vorm.

“RUB”
1 eetlepel sout
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel peper
1½ teelepel fyn koljander
¼ teelepel fyn “all spice”

7. Vryf nou hierdie rub deeglik in die boud in terwyl dit reeds op die foelie lê.

8. Smeer volgende bo oor die boud, ‘n deeglike smeersel Mrs Balls gewone blatjang, of appelkooskonfyt of ‘n 50/50 mengsel van die twee.

9. Bo op die blatjang kom nou ‘n handvol of twee pitlose rosyne of geweekte droë perskes wat al lekker geswel het.
Bo op pak jy nou ‘n paar repe streaky bacon.

10. Teen die tyd moet jou tuit al amper gevorm wees.
Gooi nou ‘n koppie (of meer as dit min lyk) goeie rooiwyn (onthou, as wyn te sleg is om te drink is dit beslis ook te sleg om mee te kook) bo by die tuit in saam met ‘n paar lourierblare, twee of drie heel naeltjies en ‘n paar swart peperkorrels.

11. Vou die tuit deeglik en dig toe, maak seker daar is nêrens ‘n lekplek nie.

12. Bak nou die tinfoeliel (wat binne die oondbak lê) in ‘n oond teen 150 ˚ C tot die boud gaar is na jou smaak.
Ek maak hom lank en stadig sodat die vleis van die been afval.
(Vir julle met klein aptyte, oorskietvleis maak ‘n baie lekker wildspastei!)

13. Jy kan af en toe loer as jy wil en as die boud nie bruin genoeg is nie nog ‘n paar streaky bacon’s opgooi en dit oop laat in die oond tot laasgenoemde crispy is.

14. Dien op met rys, groente en dalk stowe vrugte van jou keuse. Appels en ertjies met Basmatirys sal my keuse wees. Drink BAIE wyn saam met jou ete, maar moenie met jou gaste baklei nie.

BRON: Hannes Brits, 2015

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Kalahari Springbok boud”

  1. Marthinus Janse van Vuuren

    Ek het dié resep gister gemaak. Ons boud was heelwat groter (3.3kg) en dit was moeilik om die foelie heeltemal dig te kry, maar die boud was heerlik! ‘n Absolute wenresep! Baie dankie!

  2. Annelien

    Marthinus, dankie vir die positiewe terugvoering.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!