Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Groete vanuit die BKT toetskombuis!

Table of Contents

Beste Twister en lesers,

Soos ek die laaste stukkies van 2021 se werkskalender nader trek besef ek net ons is deur die jaar, ons is het ‘n paar Lockdown situasies oorleef en die einde van die jaar is in sig. Ons het dit tot hier gemaak. Mens dink terug aan swaar tye maar ook tye wat familiebande stywer getrek is, ons kan met dankbaarheid uitsien na die Feestyd.

Ek is ʼn groot familie mens en vir my is LIEFDE wat ek aan hul betoon altyd iets fisiek, simbolies en geken vol samesyn en mooi herinneringe. Die Geskenke uit jou Koskas is juis so ʼn reeks van klein Liefdes simbole wat ek al vir die afgelope 10 jaar aanbied. Hierdie jaar neem hierdie klas ʼn unieke wending en ek neem dit per video op. So kan my oorsese lesers ook deel in die mooi en opwinding van hoe ek as kind groot geword het met hierdie tradisies van tuisgemaakte geskenkies. My ma was berug vir haar skeppings uit die kombuis en naaldwerk kamer. Herwinning was ook haar middelnaam. So ek vier dit om ʼn nooi Bezuidenhout te wees, die tradisies voort te sit met my kinders.

Jul sal ook merk dat die Fisieke klasse by my nuut opgradeerde ateljee ook gelaai is. Daar is ʼn paar nuwe klasse! Die video klasse sal oor 2 weke gelaai word vir die volgende onderwerpe:
1. Beginners botterversiersel klas.
2. Gevorderde botterversiersel klas met verskeidenheid afdelings om apart te kan aanskaf soos jou vaardighede groei. Nuut is ʼn versiersel resep wat NIE kan smelt nie. Ek het hierdie oor en oor getoets sodat dit 50C temperatuur en ʼn rit sal oorleef. Hierdie is seker nou al vir 24 maande in ontwikkelling gewees. Die resep kry onder andere kondensmelk in. So, dit is ʼn heerlike resep, effens deursigtig vir die konstruksie en spuit van 3D blomme.
3. Suurdeeg
4. Video van al my koekie drukkers en rollers, deeg en rol werk.
5. Bamix volledige video en demo van Boerekos met ʼn Twist se resepte en ook Vleis se kruie en speserye afdeling.
6. Geskenke uit jou koskas.

Ek sien uit na die maand van Oktober wat vir ons voorlê want ek gaan heerlike Saam-doen projekte loods, moet dus nie uitmis op hierdie geleentheid. Resepte vir hierdie projekte is altyd 24 uur beskikbaar voordat dit oorgaan na subskripsies.

Finansies: In 2 jaar is die subskripsies nog nie weer aangepas tov kostes. Met die ingang van Februarie 2022 gaan die subskripsies met 10% styg. Rede vir dit is, die onderhoud van die webtuiste word tans uit my sak finansier. Om vir julle hierdie gemak van gebruik van sit webtuiste en ook die video funksies te gee, moet ek dit opskuif. Alle produkte vir die site is oorsese produkte en applikasies en hul is nie bewus van ons sukkel hier met ekonomie in SA. Dus, weet daar kom ʼn verhoging.

Ek begin ook amptelik in 2022 met ʼn nuwe boek wat ek self gaan publiseer en ook na ʼn e-formaat. Hierdie boek gaan my hele lewe as ʼn Pastry (Patisserie) spesialis met al die kopkrappers wat ek deur die jare ondervind het met gebak in alle vorme uitbeeld. Dit gaan ʼn volle 10 maande neem om deur al die toetswerk te gaan en dan in 2023 sal ek begin met die verfilming van die boek en dit dan in middel 2023 beskikbaar stel in die handel. Ek weet dat hierdie boek alle verwagtinge gaan oortref. Want ek hou al rekord sedert 1999! Die Wetenskap het konstantes wat deur die jare keer op keer bewys word en vir my dus my werk om vir julle antwoorde en raad te kan gee soveel makliker maak. Tyd was dus hier ʼn faktor om jare se kennis te begin notuleer. Dus, sien ek uit om julle op hierdie reis te neem.

Mag dit ʼn mooi Oktober maand vir julle wees. Ek hoop die Vrugtekoeke is reeds in beplanning? Paar wenke vir julle. Koekvrugte kan vooraf geweek word in die suiker en botterstropies, dit kan selfs gevries word om net te meng. Dit is al hoe ek deur die massas werk kom.

Groete

Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Groete vanuit die BKT toetskombuis!”

  1. vivier.gesin

    Nog ‘n bedrywige jaar in 2022 met die nuwe boek. Sterkte met alles op jou kerfstok Annelien.

  2. Dorothy Marais

    Annelien dit klink na ‘n besige tydperk wat vir jou voorlê. Ek wens jou alle sukses toe in hierdie nuwe boek van jou en is seker dot sal al twee jou ander boeke oortref.
    Mag Oktober vir jou ook die mooiste maand wees. Dankie vir al jou raad en weet net jou groep het my op my ouderdom meer geleer en verryk as al my skool en familie dae.
    Mag 2022 en jou toekoms gevul wees met vreugde en voordpoed van ons Vader omdat jy, net soos Hy so baie van jouself met jou medemens deel.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!