Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gemmerkoekie huisie

Table of Contents

Tradisies in my gesin is so vas soos die Magaliesberg waarop my woonhuis uitkyk. Hierdie huisies word elke jaar deur ons gesin gemaak. Soms sny ons net die panele sodat dit ‘n vooraansig is en hang aan die boom of soos nou, bou ons ‘n hele huisie. Die deeg is baie uniek in die sin dat dit ‘n gekookte mengsel is. Die deeg rus vir lank en word redelik goed geknie om ‘n glad en egalige deeg te maak. Die rede vir die gekookte deeg sodat die suiker kan oplos en nie grof in die klaar gebakte koekie vertoon. Dit is hoekom die mure so glad is en ook hard bak. Verder kan jy die mooiste gemmerkoek mannetjies maak en ook so as stelletjies vir die kinders opmaak om self te versier. Loer ook na my aanlyn kursus vir Royal Versiersel 

Klik hier om video van patroon te sien.

Deeg
100 g botter of bakkers margarien, gesout
200 g treacle sugar (lopende bruinsuiker)
250 ml goue stroop of maple stroop
2 groot eiers
750 g koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
1 e fyn gemmer
1 e fyn kaneel

Smelt die botter, bruinsuiker en stroop saam en kook vir 5 minute tot suiker opgelos het. Laat eenkant om goed aft e koel.

Sif solank die droë bestanddele saam. Sodra die stroop mengsel afgekoel het, klits die eiers by.

Meng die meel by en roer om bymekaar te kom. Keer die deeg uit en knie tot glad. Deel die deeg in 4 bolle en druk elke bol plat en verkoel vir 3 ure of oornag.

Voor verhit oond na 190 ℃ en smeer bakplate met koekpansmeer in die Boerekos met ‘n Twist kookboek p.13. Rol die deeg 5mm dik uit en sny die panele van die huisie uit. Ek het vir die foto ‘n A4 papier geneem en met die dwarste deur die hoogte van die huisie bepaal…die driehoek deel. Die wydte van al die mure is 15 cm. Die dak is 20 cm lank om ‘n oorhang te kry. Onthou om vooraf deure en vensters uit te sny indien jy gaan insit.

Bak die panele vir 10-15 minute to hard en bruin. Laat eenkant om goed af te koel. Onthou die panele word eers versier en dan aanmekaar gesit. Die panele word met gekookte karamel stroop geheg…die kanse vir brand is groot, so werk asb baie versigtig, ‘n ekstra paar hande sal wonderlik wees.

Glas venstertjies

250 g witsuiker
100 g/ml water
65 g glucose stroop

Maak seker die koekies is goed deur gebak, bros en hard. Hierdie koekies moet altyd dadelik nadat dit afgekoel het met die suiker venstertjies gegiet word en dan gestoor word. ASb maak seker jy stoor dit met iets soos ryspapier of lap sakkie met ‘n hand vol rys saam. Die rys voorkom dat die venstertjies taai raak en dalk oplos. Vog is hier jou grootste vyand. Maak dus seker koekies is hard gebak en nie sag.

Plaas koekies op Teflon matjie of op bakpapier wat met bietjie olie baie dun laag gesmeer is. Dit is al manier hoe jy na die tyd die koekies sal kan optel en die venstertjies kan afhaal sonder dat dit breek.

Plaas die suiker en water in ‘n klein kastrol met ‘n bodem van ongeveer 15 tot 20 cm deursnit. Bring baie stadig tot kookpunt en moenie te veel roer nie. As daar ‘n skuim vorm skep af.

Kook die stroop tot 140C en voeg glukose stroop en kleursel na keuse by en roer versigtig met hout lepel deur. Sodra die hitte verlaag tot 136C verwyder van die hitte. Laat vir 2 minute staan sodat die lug borrels na bo kan kom en verdwyn.

Giet dadelik in die venster, dit wat oorbly kan jy mee lollies maak of op ‘n Teflon of silikoon mat uit giet en gelaat om te verhard en maak glas splinters.

Royal icing
Baie, baie belangrik met hierdie versiersel…SIF die versiersuiker sommer twee maal. Rede, jy gaan met ‘n 0 of 00 versierpunt werk, baie, baie klein gaatjie en as dit verstop omdat jy nie ortentlik gesif het, gaan jy baie ergenis op die hals haal.

2 groot eiers se witte by kamertemperatuur
¼ t kremetart
240 g (2 k) versiersuiker, gesif
Kleursel na gelang

Klits die eierwitte eers dat dit skuimerig is (nie styf) en voeg dan die gesifte versiersuiker en kremetart by en klits vir 5 minute. Kleur na gelag van behoefte met ‘n waterbasis gel of poeier wat eers vooraf effens met water aan gemaak is.

Skep in voorbereide versiersakke. Plaas dan in ‘n diep bak wat met ‘n groot nat vadoek uitgevoer is. Die nat vadoek sal verhoed dat die punte droog word en verstop.

Spuit patrone soos verkies en laat die koekies vir 1 dag lank droog word.

Karamel stroop
Ek het ondervind met die byvoeging van die glukose stroop en die kremetart dat die stroop mooi vinnig sonder om wit klonte te vorm, kook tot ‘n goue stroop.

1 1/3 koppie wit suiker
¾ k water
4 e glukose stroop of goue stroop
¼ t kremetart

Plaas al die bestanddel in ‘n kastrol en roer oor medium hitte tot opgelos. Kook dan die mengsel vir 10-15 minute en MOENIE roer nie. Draai die kastrol in die rondte (swirl), soos jy pannekoek beslag in die pan sal laat vloei.

Sodra die kokende stroop begin lyk of dit begin verkluer gee, 1 minuut vir kook en haal dadelik van die warm plaat af.

Doop beide van die sykante van die huis in die stroop en plak teen beide voorkante vas. Neem die volgende sy paneel en doop weer beide kante in stroop en plak dan vas. Nou staan die huisie regop. Onthou, hierdie is die enigste logiese manier om te plak. As jy nie die sykant altwee sye in die stroop doop…hoe gaan jy die ander kant doop as dit eers vas geplak is aan die voorkant? Jy sal hierdie een eers verstaan as jy begin plak.

Jy sal ook nou verder sien dat in die binne hoeke daar dalk dele mag wees waar die koekies nie aan mekaar raak nie. Neem ‘n teelepel en drup van die bokant stadig in klein stroompie van die stroop in die holte af…hanteer al drie sye so. Nou is dit die dak. Die dak se panele word een vir een geplak. Neem ‘n mes en smeer op die huisie se randte van die stroop. Plak en voltooi die ander paneel. Nou, weer as jy gate sien vul op.

Gaan spog en bederf! Geniet.

Bron: Annelien en Anè Pienaar, Kersfees 2017.
Hoeveelheid: 1 huisie van 25 cm hoog en 15 cm breed. Met die afval deeg ongeveer 12 x 5 cm koekies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (8)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

10 Replies to “Gemmerkoekie huisie”

  1. Agnes

    Hoe kan ek die gemmerbroodhuisie krakerig hou sodat hy nie klam en sag word nie

  2. Annelien

    Jy kan ‘n hand vol rys of selfs ryspapier of rysmeel onder in die houer sit waarin die huisies gestoor word. Dit sal die vog absorbeer en die huisies bros hou of dan ook vir alle ander koekie gebak. Groete Annelien

  3. Yvonne Mans

    More kan ek gewone bruin suiker gebruik in plaas van treacle suiker. Dankie Yvonne

  4. Annelien

    Jy sal kan maar onthou net die deeg mag dalk effe droeer wees. Jy sal dan moet voel en vog aanpas. Groete Annelien

  5. Ansie Luwes

    More Annelien. Sal dit moontlik wees om alles klaar te bak en voor te berei en dit dan so te vervoer na die kleinkinders om dit dan daar aan mekaar te sit? Kan EK versiersel en stroop in ziplock Sakkies sit of Sal dit hard word.
    Baie dankie

  6. Annelien

    Ansie, hierdie deeg is baie sterk. Maak seker jy bak dit tot bros. As julle die koekies begin versier, droog dit eers vooraf by 120C vir 10 min. Geniet

    n wonderlike tydjie met die versier van hierdie koekies. Groete Annelien

  7. Lynette Eyssen

    Lief Annelien,
    Jy het nie dalkies raad oor hoe om so iets te maak vir ‘n 8 jarige pop wat diabetes 1 het nie?

    Wil so graag die kreatiewe kleinkind ook laat lekkerkry met ‘n huisie, maar die versoeking is so groot vir haar!

  8. Annelien

    Lynette, ek gaan hierdie jaar baie moeite doen met spesiale diete, nutritables en resepte. Ek kry baie navrae oor spesiale diete en gebak. Ek maak ‘n nota vir 2022 as ‘n versoek. Groete Annelien

  9. gelukshoop

    More Waar kan ek die vorige jaar se huisies sien seblief

  10. Annelien

    Lynette,

    Jong jy kan op Boerekos met n Twist die kookgroep op FB se soek opsie loer vir die vorige jare se gemmer huisies en dan ook na ‘n artikel wat ek vir Maroela media oor die huisies gedoen het. Daar was fabelagtige huisies gewees.

    Groete

    Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!