Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gemarineerde Lende skyf slaai (Sirloin)

Table of Contents

Kortpad idees en beter beplanning nodig vir jou etes wat gesond en voedsaam is? Hier is vir jou sommer ‘n paar heerlike idees vir Sondag aande voorbereidings!

Groente voorbereiding
Dit is vir my altyd gerieflik om na werk, soms na 19h00, net vinnig ‘n paar voorbereide groente en vrugte uit die yskas te haal en saam te slaan vir ‘n heerlike slaai opsie of as ‘n volledige ete. Nou hoe gaan mens te werk om slaai vir ten minste 7 dae lank vars te hou? Ek gaan vir die doel van hierdie resep net die bestanddele wat gebruik word bespreek. Ek gee ook paar ander skakels na resepte soos om Spruite te maak en mikro groente bommetjies.

Jong baba spinasie blare: hierdie blaartjies kan baie maklik smetterig raak en moet goed in asyn water afgespoel word. Neem so 5 e asyn in jou spoel water en week eers die blare daarin….dan dreineer en druk baie liggies droog met handdoek papier of slaai spinner. Plaas dan in ‘n sakkie met ‘n stukkie van die handdoek papier sodoende dit vars te hou vir dae lank of in ‘n bakkie met digpassende deksel.

Spruite: nadat jy jou spruite gekweek het of aangekoop het spoeld dit net in gewone kraan water en laat in ‘n siffie droog word. Plaas in ‘n glasbottel en ‘n stukkie handdoek papier bo op. MOENIE toemaak met ‘n deksel nie, die spruite en mikrogreens moet asem haal. Die spruite sal vir 14 dae goed hou en ook nie smetterig raak.

Sitrus wiggies: lemoen wiggies kan vooraf geskil word en in ‘n bakkie met digpassende deksel gestoor word ook met ‘n stukkie handdoek papier in.

Vleis marinade: hierdie marinade is geskik om enige rooivleis asook vark te marineer.
1 k egte olyfolie
1/4 k gewone joghurt of karringmelk
1 t fyn knoffel
1 t gerookte paprika
2 e soja sous of woestersous
6 stukkies 4 cm dikte sirloin skywe

Plaas vleis in die marinade en stoor dit vir 1 tot 7 dae in die marinade. Maak gaar op aanvraag. In my kookboek Vleis die omvattende gids skryf ek oor gaarmaak metodes in diepte en ook gaarmaak tye vir vleis. Loer gerus op die rooi gemerkte skakels. 

Sodra die vleis gaar gemaak is in ‘n warm voorverhitte pan, los vir 5 min, sout en peper en sny dan voor. Los vir ‘n wyle en pak gou die slaai. Al wat kort is feta en neute van keuse. Pak dan ‘n bakkie met die slaai bestanddele en pak dan ‘n heerlike hopie vleis daarop.

Geniet!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024

Hoeveelheid: 4 porsies

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (5)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Gemarineerde Lende skyf slaai (Sirloin)”

  1. Anselda Els

    Dit lyk liplekker lekker. Baie dankie

  2. Annelien

    Anselda,

    Groot plesier.

    Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!