Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Een-pot-bees risotto

Table of Contents

Wanneer tyd letterlik jou baas word en tyd in die kombuis word tot die minimum beperk het ek ‘n oplossing vir jou met die hulp van jou “Slow cooker / Crock pot / Hutspot”.

Die bestanddele van hierdie resep word in lae op mekaar gestapel en ‘n eenvoudige ding soos ‘n tydskakelaar wat apart aangekoop kan word indien jou Slow cooker nie ‘n tydskakelaar het, skakel na paar ure aan en jou kos word gaar. Teen die tyd wat jy tuis kom begroet die wonderlike geure van huislike samesyn jou by die deur.

Ek gebruik ‘n 3 liter Hutspot vir hierdie resep en ‘n groter pot sal ook geskik wees.

1.5 kg skenkel / kort rib / chuck vleis
2 k risotto rys
250 ml warm kraan water
2 e Sop poeier, tuis gemaak of Witsous Bêre mengsel p.211
1 x Bruin sous of 250 ml aftreksel
1 e roosmaryn, gedroog
2 e bisto
6 wortels, geskil, repies
2 seldery stingels, fyn ringetjies
2 uie, blokkies gesny
250 g bruin knopies sampioene (opsioneel)
200 ml klapper room

Plaas die reis onder in die pot. Pak dan die bestanddele soos gelys in lae op mekaar: wortels, sampioene, seldery, uie, vleis.

Meng die water en roosmaryn met die sop poeier en giet oor die vleis. Skakel die pot op hoog vir 6-8 ure totdat die vleis sag is en van die been val.

Rond af met ‘n koppie klapper room of gewone room.

Bron: Annelien Pienaar, 2019, Spyskaart beplanning klas

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (5)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

10 Replies to “Een-pot-bees risotto”

  1. Annatjie vd Westhuizen

    Annelien

    Baie dankie vir hierdie heerlike resep! Dit gaan absoluut ‘n wenner word in my huis! Dankie vir al jou moeite om ons altyd te voorsien van al jou lekker resepte. Hoop om binnekort een van jou klasse by te woon … ek kan nie meer wag nie!!
    Warm kosgroete vir jou xx

  2. Annelien Landman

    Baie dankie. Die resep klink heerlik en ek gaan dit beslis probeer.
    Doen so voort!

  3. elbamarx

    Skuus is die beesstert aftreksel die sous wanneer jy beesstert kook….

  4. Annelien

    Hallo Elba, aftreksel is die onttrekking van goeie minerale en vitamiene van uit bene om soppe en souse mee te maak. Daar is ‘n hele artikel op die webtuiste oor die kook van aftreksel. Groete Annelien

  5. Annelien

    Groot dank en geniet…kom wys op FB. Groete Annelien

  6. Annelien

    Hallo Annatjie, mag ons paaie sommer eersdaags kruis, al is dit dan net ook vir ‘ kuier op die plaas. BKT groete Annelien

  7. sonjazino

    Baie dankie Annelien💕
    1. Bisto nie in Israel beskikbaar, wat gebruik ek of los ek dit uit? Ons kook vir Shabbat so n ete in die slow cooker vir ongeveer 20 ure op slow en vir kleur se hulle mens moet dadel insit.
    2. Wat is jou mening oor baksakkies? Ons sit bv ons rys en koring in so n sakkie bo-op die ander produkte.
    Dankie byvoorbaat🙏

  8. Annelien

    1. Soos jy op die skakel sien los die Bisto uit en maak jou eie bruin sous…baie maklik en heerliker as Bisto.
    2. Geen probleem met baksakkies nie.
    Groete A

  9. Dorothy Marais

    Baie dankie vir die heerlike resep Annelien . As mens met die “beurtkrag” dit in die stoompot wil maak kan jy die resep net so gebruik of eers stoom en dan die sop mengsel in voeg?

  10. Annelien

    Sop mengesel dan laaste by gevoeg Dorothy. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!