Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Braaidag 2021

Table of Contents

FoodConsultant

Dit is amper Braaidag en wat is nou lekkerder as ‘n spyskaart wat alles oor die kole berei kan word as jy op kamp gaan? Indien jy nie gaan kamp sal hierdie spyskaart ook werk. Geniet

Sjokolade pannekoek met ‘n Twist
Ek het die tradisionele pannekoek wat julle al jare lank bak vanaf my webtuiste met drie nuwe variasies toe gerus. Daar is ‘n Sjokolade, Spinasie en Beet weergawe. Ek het ‘n rits nuwe planne vir hierdie drie resepte met heerlike vulsels. Ek heg die skakel na die resep vir julle aan. Dus het jy nodig die volgende:

1 x aanmaak van die Pannekoek resep
1 x aanmaak van die Sjokoladesous resep p.188

Appelstrudel vulsel
3 granny smith appels, geskil en klokhuis verwyder, klein blokkies 2 cm, hou in suurlemoensap water
1 k water
3 e heuning
3 e bruinsuiker
½ t kaneel
¼ t gemmer
¼ t wit peper
¼ t neutmuskaat
¼ k rosyne of rooibosbessies (cranberries)

Kook alles saam totdat die appels sag is vir ongeveer 5 minute. Dreineer en hou eenkant as vulsel. Hierdie vulsel vries ook goed.

Bak pannekoeke en hou warm, vul met Appelstrudel vulsel, rol of vou toe soos vir ‘n wrap en giet sjokolade sous oor.

Wenk: Appel en Gesoute Karamel werk ook heerlik.

Foccacia
500 g koekmeel (steengemaal verkieslik)
385 g water
5 ml kits gis
5 ml heuning of suiker
5 ml sout, kan minder indien verkies weens vulsels
150 ml olyf olie
Vulsel van keuse: olywe, songedroogde tamaties, eiervrug in olyf olie p249 Vleis

Plaas die koekmeel, gis, suiker en sout in ‘n mengbak en meng met draad klitser deeglik en maak ‘n holte in die middel. Voeg die vloeistof by en roer met ‘n houtlepel totdat die mengsel bymekaar kom. Jy kan met ʼn menger of per hand ook meng. Maar dit is so maklik met ʼn houtlepel. Die deeg gaan baie klam voorkom, dit is perfek reg so.

Los die deeg om vir 20 minute te rus. Daarna skep 5 e olyfolie oor die deeg en vou die deeg oor mekaar soos ʼn mens ʼn Jam tertjie sou vou. Los en rus nog 15 min en herhaal. Doen dit vir nog 2 keer.

Plaas die deeg in ʼn reghoekige plastiek bak met dig passende deksel, diep en groot genoeg (A4 grootte) en smeer die bak en deksel met olyf olie uit. Plaas die deeg in die bak en laat oornag rus of totdat dit tyd is om die deeg te gebruik.

Hier is die groot geheim van die perfekte foccacia! Kry ʼn oondpan van A4 of bietjie groter gereed en smeer goed met olie. DAN…Maak die deeg versigtig oop en MOENIE die deeg uit die bak trek met jou vingers. Neem ʼn deegskraper en maak dit van die kante los en keer die bak direk in die pan uit. Jy sal merk dat die deeg vol lug gate is. Perfek jy het alles reg gedoen. Los die deeg vir ʼn uur om by kamer temperatuur te kom.

Berei die vulsel bestanddele voor vir ongeveer ʼn halwe koppie vol. Neem ʼn kwart van die bestanddele en versprei dit liggies oor die een helfte van die deeg. Vou dan die deeg in die helfte oor mekaar, rus 10 minute en dan baie versigtig trek die deeg totdat dit in die pan pas. As die deeg krimp, los weer 5 min en trek weer. Jy mag glad nie die deeg plat druk of plat rol in die proses. Trek en rus, trek en rus as die deeg lyk of dit uitermatig krimp. Sodra die deeg lekker in die pan pas, los om weer vir 10 min te rus, druk dan nog bestanddele in en springel met ekstra olyfolie en growwe sout, kruie van keuse en bak dan by 220C vir 15-20 minute.

Bedien lou warm met salsa verde uit die Vleisboek p.52

Lewer: 6-8 porsies.

Soetsuur varknek
2 kg vark nek steaks
1 x p228 Monkey gland sous Vleis kookboek

Marineer vleis in die sous en braai oor warm kole en sout en peper na smaak.

Hoender vlerkies
Ek gebruik hierdie volgende sous en maak dit 1 x aan en marineer hoender vlerkies in die Balsamiese mosterd en heuning sous oornag en braai dan in ʼn toeknyp rooster.

Cous-cous slaai
1 k cous-cous
1 k kook water
1 groente aftreksel blokkie
2 e botter
½ k van die volgende groente: wortel in fyn blokkies gesny, seldery in dun ringetjies gesny, vars paprika of rooi soet rissie klein blokkies gekap, rooi ui in fyn blokkies gekap

2 e botter
4 e olyf olie
1 e balsamiese asyn
2 e heuning
1 e sesam olie (smaak is ongelooflik met cous-cous)
Sout en peper na smaak
500 g Kersie tamaties, halveer
Feta kaas na smaak
1 vars pynappel in blokkies gesny

Plaas cous-cous in mikrogolf vaste bak. Los die botter en aftreksel blokkie in die kookwater op en giet oor die cous-cous. Roer met ʼn vurk goed deur en bedek met kleef plastiek en mikrofolg vir 2 minute. Roer met vurk deur om korrels los te kry van mekaar. Bedek weer met kleefplastiek en laat staan 5 minute.

In hierdie tyd, smelt die botter, olyfolie, sesamolie in ʼn pan en voeg die uie by en roerbraai vir 2 min en gevolg deur die res van die half koppie bestanddele. Roer braai weer vir 8 min en voeg dan die tamaties en pynappel by en roerbraai 2 min en meng met die cous cous. Bedien warm of koud.

Lewer 4-6 porsies

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2021

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Braaidag 2021”

  1. Elsa Siege

    Heerlike resepte . Dankie.

  2. Annelien

    Elsa, baie dankie en geniet! Groete Annelien

  3. Annelien

    Jeanetta,

    As jy ‘n subskripsie lid is, moet jy inlog. Jy sou met die registrasie proses ‘n login name en ook password ontvang het per epos. Loer asb ook in jou spam en junk folders asb, as dit nie in jou inbus geland het. Anders epos my dan reset ek alles, boerekostwist@gmail.com. Jy moet met hierdie inligting van username en password inlog by MY REKENING. Kies ook die opsie om ingeteken te bly.

    Groete

    Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!