Gesoute karamel vulsels is niks nuut maar dit is altyd heerlik om kinkels in ‘n ou gunsteling by te werk. Hier verskaf ek n basis resep om as ‘n versiersel laag of vulsel te dien. AS vulsel kan neute gesout en gerooster word en dan fyn of grof gekap word tussen koeklae en ook mooi vir oor sprinkel.

1 blikkie gekookte kondensmelk/ Caramel treat
230 g (1 K) botter/80 % vet inhoud bakkers margarien
5 ml vanielje geursel

Verroom die botter tot glad en skep dan lepel vir lepel die karamel by sodat dit goed deur klits sonder enige klonte. Klits vir 10 minute om lig en donsig te word. Laaste voeg die geursel by.

Gebruik om tussen lae van koeke te gebruik.

Variasies:
1. Neute: Rooster 1 k pekans en sprinkel liggies met sout en bak in voorverhitte oond by 180C vir 5 minute en kap grof op en gebruik tussen karamel lae.
2. Pynappel: 1 blikkie pynappel ringe, dreineer, droog gedruk en fyn gekap, meng met die aangemaakte versiersel en gebruik as vulsel vir koeklae, doppies asook choux pastry vir eclairs en profiteroles, pannekoek, wafels, plaatkoekies…sommer alles.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2021

Hoeveelheid: 1 dubbellaag koek, 12 kolwyntjies, 1 bundt koek