Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Kletskombuis 13 Julie 2018

Table of Contents

Hallo Twister,

Die week het gevlieg en met die dae wat verby gaan besef ek net…die end van die jaar begin wink vir my. Elke jaar maak ek maar die geskenke kas vol, soms net met idees, maar dit begin gestalte kry vir Kerstyd. Kerstyd is vir ons ‘n fees van GEE en dankie sê aan almal wat ons lewens die afgelope jaar verryk het. Hierdie jaar merk die 4de jaar van my Geskenke uit jou koskas klas/demonstraie. Daar is net een sessie en gewoonlik die laaste Saterdag van November. Maak nou al ‘n nota vir daardie dag. Dit sal ‘n demonstrasie klas wees en almal eet en kuier na die tyd saam. Ek het oulike en vernuwende idees en kan nie wag om te begin. Die nuwe Boerekos with a Twist cookbook is nou ook beskikbaar en aanlyn tans weer op ‘n spesiale aanbieding by www.loot.co.za

Julle sal sien ek sal teen volgende week die nuwe klasse en toerplan deur Suid-Afrika laai. Ek het tot en met September min klas by die BKT ateljee en baie op reis.

Vir hierdie week se arsenaal van resepte het ek vir julle die volgende resepte gelaai:
Marmite tert of koek
Wildspastei met ekstra naeltjies
Kook van eiers
Karamel Fudge

Ek werk tans aan die Karamel lekkers en ook Toffie resepte. Die Karamel lekkers is heerlik. Dit neem egter ‘n tydjie om te maak maar die beloning is baie groot. Die lekkers droog vir 2 dae sodat die buite kante hard word en die binnekante sag en romerig. Oe, ek praat myself nou skoon kwylbek! Hopelik kan ek dit môre gemaak kry en teen sondag die foto’s geneem kry.

Soos vertel hierdie week hou die jongste Filistyn vir my baie besig so met haar onderskep van hondetandjies om aan die tandemuis te verkoop, tot haar boetie wat haar middel twee gaan breek omdat sus die LEGO boot se mas gebreek het. Tussen in het ons twee weer begin stap en sus ry fietsie. Sal nog eendag ‘n foto van die fietsie neem. Haar mooi fiets wat sy twee jaar gelede gekry het, het voete gekry met ‘n vakansie. Tuis gekom en sy het onthou van een van haar niggies se ou fietse in die stoor. Die fiets is aan mekaar gesit met ‘n gelas van wiele en dinge om dit rybaar te maak. Ag, mense…die een wiel is wit en die ander is swart gemonteer op ‘n pers raam! Sus is baie tevrede met haar lappies fiets en wil niks weet van ‘n nuwe een. Gelukkig pas die fiets haar nog en sy en Blikkies ry die wêreld vol stof wolke. Sus het ook uitgevind hierdie fiets se briek werk baie goed en briek sulke lang swart strepe in die stoor tot groot vermaak van Blikkies wat die bande probeer hap! Ek wag nog vir die dag dat sy oor sy tone ry. Tot dus ver het dit nog nie gebeur.

Onthou ons kraak nou die 2018 Pekan oes. Diegene wat graag wil bestel in SA, ons koerier landwyd. Klik op hierdie skakel om verdere details te kry: Skeerpoort Pekans 

Mag julle ‘n wonderlike nuwe week beleef en BKT Klets groete hier van die plaas aan ieder en elk.

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “BKT Kletskombuis 13 Julie 2018”

  1. Ricky. gouws

    More Annelien
    Die briefie het sommer my dag gemaak le nog saam met manlief in die bed en sommer vir hom ook jou briefie gelees en lekker saam gelag oor die pers fietsie.
    Ek kan nie wag vir die fudge nie, ek woon op n klein plekkie plaas gemernskap met baie kleurlinge (met respek gese) hulle is mal oor lekkers en maak gereeld die migrogolf een maar maak so min ek wil sommer n groot pan vol maak, so ek sien so uit daarna. Lekker dag verder vir julle op die plaas.

  2. Annelien

    Hallo Ricky, klik op al die rooi teks dan sal jy by die resep in die Nuusbrief uitkom. Geniet en kom wys op die Boerekos met ‘n Twist FB blad wat jy doen. Groete Annelien

  3. Mikki

    Baie dankie Annelien vir al jou kosbare boodskappe en resepte wat jy met ons deel, ek waardeer jou met opregte hart.

    Geseënde naweek ook vir jou en jou gesin.

    Mikki

  4. Annelien

    Ons is almal net mens…so hoop jy geniet elke kuiertjie by Boerekos met ‘n Twist. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!