Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-Kombuis 25 Mei 2018

Table of Contents

Hallo Twister.

Hierdie week was ‘n week van baie strategiese beplanning vir BKT en die reis vorentoe. Sommige besluite was moeilik om te neem, maar ek het ook gehoor wat die Groot Een daarbo van my vra. Dit is ‘n stryd om by al die werk uit te kom en soms wens ek daar kom genoeg geldjies in om sommer ‘n hele span aan te stel wat van my werk kan oorneem. Ek glo, met my missie en vissie dat dit nog my beskore sal wees.

Ek het ongelooflike lekker briewe hierdie week per epos ontvang. Ek het ‘n Setswana kyker van BKT op VIA wat elke week ‘n mooi briefie in Afrikaans vir my stuur en vertel van hoe Afrikaans sy groot geword het. Dan kry ek weer foto’s van lesers wat vertel en wys hoe hul met BKT se resepte woeker en vir tuisnywerhede bak. My hart klop warm soos ek hier tik vanaand…want ek het in my doel geslaag met meer as 1000%. BkT laat mense die kombuis her ontdek, dit help mense om ‘n ekstra inkomste in te bring. Dit was van die begin my doel…bemagtig deur ingelig te wees.

Dit word stadig maar seker nou weer eksamen tyd en die kinders se kosblikke moet gevul wees met goeie happies vir Breinkos. Ek gaan elke week se nuusbrief van volgende week vir julle idees gee oor wat om in te pak. Matriek en graad 1 is my voorland hierdie jaar en ek kan sien as die kinders nie genoeg gesonde kossies kry. Dus, begin om vars kos in te pak wat jy self gemaak het. Genoeg water en niks sappe. Windpomp sjerrie is die beste want water spoel al die slegte goed uit die liggaam.

Ek heg vir julle paar skakels aan om hierdie naweek uit te toets. Jul sal let die resepte wat ek plaas 2-4 is gemik op navrae vir idees vir skole se Koekverkoping tafels / Entrepreneursdae ens.

  1. Episode 7: BKT TV reeks Episode 7 resepte 
  2. Gekookte Klapperys
  3. Sprinmielies met Bottersous 
  4. Kits sjokolade Beskuitjie fudge

BKT groete

Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!