Ek dink almal van ons sit met die hande in die hare as dit by die onderwerp van vakansie kom. Wat maak mens met die kinders wat alewig knaag siekte kry? My vrieskas, yskas en blikke word gevul sodat hulle net kan uithaal en geniet. Ek het deur die Boerekos met ‘n Twist kookboek geblaai en ook deur die webtuiste gewerk en vir jul paar idees bymekaar gemaak om die lewe effe makliker te maak. Ek is ‘n werkende mamma en moet lank vooruit beplan vir tye wat ek nie tuis is en die Filistyne self moet sorg. Hierdie artikel sal elke maand hersien word en kom loer maar gereeld in om te sien wat alles bygevoeg is.
Vir die Vrieskas
1. Bobotie happies p. 75. Voer kolwyntjie pannetjies uit met filodeeg lagies wat met gesmelte botter gesmeer is. Skep vulsel in en giet vla laag oor. Vries in pannetjies. Wanneer dit benodig word, plaas gevries in die oond en bak dan vir 45 minute by 180C. My 13 jarige is heel bedrewe en bak sommer self.
2. Schnitzel op p.74. Maak hierdie resep in repies en plaas in vreiskas en gebruik soos nodig. Kan gediepvet braai of net oong gebak of airfry word.
3. Meraai se groente koekies kan op twee maniere berei word. Die beslag kan aangemaak en gevries word of die koekies kan reeds vooraf gebak en dan gevries word.
4. Engie van die sponskoek resepte in die BKT kookboek en webtuiste kan gevries word nadat dit gebak en goed afgekoel is.
5. Koeksisters p.114
6. Kaaskoek p. 120 vries soos ‘n droom! Voeg die jellie laag eers oor sodra die koek uit die vrieskas kom…moenie met die jellie laag vries nie.
7. Al die muffins in die BKT boek p. 125-128 kan gevries word met groot sukses.
8. Engelse muffins en naanbroodjies vries soos ‘n droom. p. 134 en 135. Ek sny die muffins in die helfte en om dit vinnig te ontdooi sit ek dit in die toaster en voila.
9. Om voor te kom met beskuit bak en droog…bak ek berge beskuit en vries dan die ongedroogde beskuit in lae op mekaar. Soos die blikke leeg raak, haal ek uit en droog. Dit is al hoe ek voor bly met beskuit voorraad. Staan een hele dag lank en beskuit bak…vries en droog soos nodig. Skakels na webtuiste resepte: https://annelienpienaar.co.za/category/kitsbeskuit/
10. Alle soutterte en quiches van die boek en ook die webtuiste vries met groot sukses, gebak of in beslag ongebak. Onthou as jy die quiches ook parbake (halfpad gaar bak) jy dit ook so kan vries en dan net die laaste paar minute deur gaar en bruin bak.
11. Berei die plaatkoekie mengsel voor vir al die droe bestanddele en vries..haal uit voeg vog by en gebruik. https://annelienpienaar.co.za/2017/10/13/plaatkoekies/
Vir die yskas:
1. Ma se koringslaai p.62 hou vir 7 dae baie goed in die yskas. Daar kan bygevoeg word tuna of hoender stukkies om ‘n volledige maal te maak.2. Aartappelslaai met soetmosterd p.63 hou ook 7 dae in die yskas.
Klein koekies
Onthou dat alle klein koekies perfek vries!
p.148 Dadelblokkies
p. 151 Kaneel en Pekan droompies
p. 153 Sinkplaat pad fudge (my dood natuurlik)
Webtuiste koekies
https://annelienpienaar.co.za/category/koekies/
Lekkergoed
https://annelienpienaar.co.za/category/lekkergoed/


9 Replies to “Vakansie peusel-happies!”
Elna Janzen van nieuwenhuizen
Baie danq dit gaan regtig help met die kleinkinders wat kom kuier
Annelien
Julle moet kom spog op Boerekos met ‘n Twist op Faceboek se groep…ek wil die gewillige handjies vlytig sien woeker. Groete Annelien Pienaar.
vivier.gesin
Annelien ek wil graag weet hoe lank word brood en quiches halfgaar gebak, par-baked, asseblief?
vivier.gesin
Sal helfte van die baktyd genoeg wees vir par-baked?
Annelien
Onthou 75 pesent van die baktyd moet verstreke wees.
vivier.gesin
Dankie Annelien.
Annelien
Nee, jy moet 75% van die tyd gebak het.
Riana Lourens
Hi Annelien
ek geniet die blad en ook jou FB. (wens net ek het meer tyd gehad) Het al vele resepte probeer, sommiges met snaakse resultate, (tot my skande, want ek is nie ‘n bakster nie ) . ek het nou vanoggend op hierdie rubriek van jou afgekom “VAKANSIE PEUSELHAPPIES” en het sommer gewonder of was daar al opvolge op dit en waar gaan soek ek daarvoor.
Miskien moet ek gou vertel wat my oorgekom het, toe ek my eerste broodjie wou bak uit jou boek. Was moedeloos toe dit gebeur het, maar daarna lekker vir myself en my bravade gelag!!
Mens sien altyd hoe oulik is die ouens wat bak op die TV. Ek kry AL die bestanddele bymekaar en nou gaan ek net so maak soos hulle. Gedink ek is oulik. Berei die werksopplervlak. Gooi die meel in ‘n hopie en maak ‘n dammetjie…..Maar ooo toggie, toe daardie vloeistof in die dammetjie ingaan, was dit nog alles okay. Maar toe ek begin meel wegvat, breek daardie damwal meteens. Jy moes my sien spring en skarrel en keer!!! My arms om die damwal, my lyf teen die blad , maar die vloeistof gaan net een rigting. Vloer toe. Ek raas en skree vir dit, maar niks help nie. Wat ‘n gemors. Doen toe weer die suurdeeg ding, maar minder, toe nou te bang die brood gaan by die oond uitloop!! en meng alles. Was nie die wonderlikste broodjie ooit nie, maar ons kon hom darem eet. Ek kon net nie al daardie meel weggooi nie. NOOIT weer my deeg probeer aanmaak op die werksblad nie. Ek weet nou dit is waarom ek ‘n mengbak het. HAHAHAHA!! Dus, my floppe kan darem gered word. Ek vertel ander dag wat met die suurlemoen poppy saad koek gebeur het…….
Lekker dag en BAIE DANKIE vir jou moeite en tips.
Ek leer op hierdie ouderdom baie van bak en brou. Was altyd een van daai, “mog it troffe” baksters. Nooit ‘n presiese resep gebruik nie en as jy hom een maal gebruik het verander jy sommer soos jy lus voel. Hoe dom tog.
Nogmaals dankie
Riana Lourens
Annelien
Hallo Riana, jy het my dag gemaak met jou mooi vertelling. Ja, nee dit wat mens op TV sien moet mens maar met ‘n knippie sout neem, dit is verseker…veral in my geval het dit een maal op ‘n stel gebeur dat die tafel nie waterpas was en woes daar loop die water die wye wereld vol…my dam nie wyd genoeg gemaak. Sal nog ‘n video oor dit maak en vir julle leer hoe die pro’s dit doen. Groete en mag jy heerlik saam Twist. Groete Annelien