Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Vissmeer, maar jou eie

Table of Contents

So kom alles tot ‘n einde in hierdie era! Weg is Redro en Anchovy paste, maar moenie kommer want ons gaan ons eie maak wat gesond en heerlik is. Jy kan self die hoeveelheid vis aanpas na gelang van keuse…maar hier is die basis wat ek al vir 23 jaar lank op werk. Ons het in Kanada gewoon vir ‘n wyle in 2001 en daar was NIE Redro gewees in die klein dorpie aan die buitewyke van Abbotsford, Fort Langley. As jy na dag 5 nie kan ophou huil oor Suid-Afrika en jou ma soek en jy nie ‘n troos kossie kry dan…Naarstigtelik dik van die verlang bel ek my ma vanaf ‘n muntbussie en skryf op boetie se skoon doek (al papier wat daar in die doeksak was) die resep neer. Later het sy dit ewe netjies vir my geepos. Met so ‘n bietjie twist hier en daar met vreemde handelsmerke in die vreemde het ek dit wel reg gekry. My buurvrou was gek oor dit. So, waar jy ookal in die wye wêreld is, jy kan Redro eet.

1 blikkie (120 g tot 125 g) sardientjies, vog verwyder, asb nie Pilchards in die tamatiesous, dit moet die plat reghoekige blikkies wees.
2 blikkies (90-100 g) anchovy, olie dreineer maar behou om die tekstuur aan te pas aan die einde
1 e tamatie paste, die dik soort, ek vind KOO se handelsmerk maak mooi rooi
3 knippies wit peper
2 knippies wit suiker
1 knippie gedroogde dill (opsioneel)

Plaas al die bestanddele in die Bamix se wet ‘n dry mill en puree tot glad. Indien jy vind dat die vis smeer te dik is kan jy bietjie van die anchovy se olie byvoeg en goed deur meng. Enige staaf menger sal werk om fyn te maak of voedsel verwerker…anders vryf deur ‘n sif.

Stoor:
1. In die yskas en gebruik binne 14 dae.
2. Vakuum seel in yskas vir 4 weke
3. Vries vakuum of lug uit sakkie gedruk vir 3 tot 6 maande.

Loer gerus in by my privaat Faceboek groep op hierdie rooi skakel:  Boerekos met ‘n Twist

Bron: Annelien Pienaar, 2002, verwerking van ouma Hantie se WEDWO…
Hoeveelheid: 200 ml of 250 g

English version

1 tin (200 g) sardines, strain brine. Please take note it is the square flat container, not Pilchards in tomatosauce
2 tins (100 g) anchovy fillets in oil, strain oil and reserve for later to adjust texture to your liking
1 tbsp (15 ml) tomato paste NOT puree. I found KOO’s paste to give the correct colour
3 pinches of fine white pepper
2 pinches of white sugar (optional) but balances the flavours well
1 pinc of dried dill (optional)

Puree all ingredients and adjust texutre to taste with remainder of oil.

Bron: Annelien Pienaar, 2002, verwerking van ouma Hantie se WEDWO…
Hoeveelheid: 200 ml of 250 g

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Vissmeer, maar jou eie”

  1. Rautie

    Annelien, ek praat nou van die Boksie vir nn Boervrou-brood: tot onlangs was ek baie suksevol en die brode het hoog gerys en redelike groot rysgate gehad -maar deesdae is die brood vir my te dense en swaar.Waarna kan ek alles oplet om dit reg te kry. Ek laat my aanvanklike slapmengsel soms tot 1.5 dae gis en meng dan die res in -miskien is dit n fout.Ek bal ook in n swaarboom broodpot wat vierkantig is en het n idee die gewone ligte pannetjies bak beter?

  2. Annelien

    Rautie, as jy te lank raat rys raak die pH van die deeg baie suur, daal laag, en dit breek die protein netwerk (gluten) op in stukkies en jy sal op eindig met ‘n slap pappery. Koue rys in yskas is beter maar maks 2 dae. Gietyster pot altyd vooraf verhit en gebruik. Groete Annelien

  3. Elizabeth Bosman

    Altyd gedink dis ñ onbegonne taak en daar is geen resep! Ek gaan winkel toe vir die bestanddele 😋😋

  4. Annelien

    Elizabeth,

    Jy sal aangenaam verras wees met hoe heerlik die resep is…geniet en kom loer in op Faceboek se Boerekos met’n Twist.

    Groete
    Annelien

  5. Anet Van der Merwe

    Sjoe nounet dit gemaak… ons is al 16 jaar in Australia toe dog ek… wel hoekom nie…. maar my … dis nou lekker… so vinnig en nou proe ek Suid Afrika hier in my eie huis. Dit vat my ver terug na my vakleering dae toe. Dankie vir die resep het hom verseker gebêre.

  6. Annelien

    Anet, ek voel di verlange saam met jou…geniet en hoop die verlange is nie te erg. Maak nie saak hoe erg dit in SA gaan, jy sal altyd heimwee kry vir die plekke waar mens mooi herinneringe gemaak het. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!