Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Vinnige Hoender met pruimedant sous en gebraaide rys

Table of Contents

Hoender filette met ‘n pruim sous
Pruime of pruimedante sal perfek vir hierdie vinnige resep werk. Indien jy pruimedante wil gebruik, ontpit en hidreer vooraf. Pruime is seisoenaal en kan te enige tyd met frambose, rooibosbessies, kersies, pynappel vervang word.

4 hoender borsies in blokkies gesny
1 groot uit, geskil en fyn gekap
250 g ryp pruimedante, ontpit, grof gekap
250 ml appelsap
1 t tiemie gedroog
2 e heuning
sout en peper na smaak

Braai die uie met n bietjie olie in ‘n voor verhitte pan tot glansend, ek vind deur ‘n knippie sout by te voeg die uie mooi glansend en soeter word. Skep die uie uit en braai dan die hoender blokkies tot gaar. Skep die hoender uit en hou eenkant.

Voeg die uie en pruime in dieselfde pan terug en braai totdat die vrug sag is en begin pap word. Voeg die heuning en tiemie by, geur na smaak en roer die hoender by. Bedien met Gebraaide rys

Bron: Annelien Pienaar, Studentekos, kortpad kos, 2021
Hoeveelheid: Genoeg vir 2 persone, vrieskas vriendelik

Gebraaide rys
Ek gebruik gewone rys, bruin rys of lang graan rys vir hierdie resep. Die rys is geurig en heerlik. Die rys kan ook net so geniet word of as ‘n bykos by ‘n uitgebreide spyskaart.

500ml (2k) Rys korrels
1.5liter (6k) Water
½ Groente Afteksel blokkie
45ml (3e) Olyf olie
45ml (3e) Botter
4 Spriet ui stingels, grof gesny
15ml (1e) Knoffel, fyn
2 Chillies, dun ringetjies, pitte verwyder, (kan met paprika or soetrissie vervang word)
45ml (3e) Parmasaan kaas, gerasper
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Spoel die rys goed voordat dit gekook word om ekstra stysel te verwyder. Ons wil rys kook wat nie klewerig is nie, maar los. Kook rys vir 15 minute in gewone water, spoel met warm water en kook weer 10 minute en spoel weer met warm water. Vul nou water aan en voeg die aftreksel blokkie by. Kook die rys tot gaar en spoel weer goed, dreineer en hou eenkant.

2. Verhit ‘n pan en gooi die botter en olie saam in pan. Braai nou die rys vir 5-10 minute. Voeg die res van die bestanddele by en braai vir ‘n verdere 5 minute. Bedien warm.

Nota: Volledige artikel oor Rys, bevriesing, soorte en vele meer klik op die rooi skakel.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Vinnige Hoender met pruimedant sous en gebraaide rys”

  1. Annelien

    Hanno, baie dankie vir jou navraag. Dit moet in die begin by kom. Ek het die resep se metode reg gemaak en die sap bygevoeg.

    Groete

    Annelien Pienaar

  2. Annelien

    Hanno, vanaf die begin. Skuus ek het die teks reg gemaak. Dankie vir die vraag. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!