Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Suurlemoensap preservering

Table of Contents

Mense vra my gereeld hoe om suurlemoensap te bêre sonder om dit te vries en sonder dat dit begin gis, muf raak of eenvoudig verlore gaan. Ongelukkig sien ek gereeld gevaarlike raad soos die byvoeging van aspirien en ander middels wat glad nie vir voedselpreservering bedoel is nie. Buiten voedselveiligheid kan dit ernstige allergiese reaksies veroorsaak.

Wanneer daar met enige preserveerproses gewerk word, moet voedselveiligheid altyd eerste kom. Suurlemoensap is kosbaar — veral wanneer jy ’n groot oes het en graag genoeg vir die hele seisoen wil bêre tot die volgende oes weer kom.

Onthou ook asb die pH van elke vrug verskil weens die vareiteit asook grond tipe waarin dit gegroei was. Dus om vir jou eie gemoedsrus toets die pH en jy mik vir ‘n pH van 2.5-3. Daarom het ons die citric acid wat ekstra by die resep gevoeg word net om n balans te bring in pH vir die wis en die onwis. Maak seker dat jy NIE die citric acid/sitroen suur uitlos want dit is die hoof preserveer middel.

Wenk: Ek vind dat suurlemoene wat eers in warm water geplaas word, baie meer sap lewer.
Syg die sap minstens drie keer deur weggooibare kombuisdoeke.

Vermy metaal siwwe waar moontlik, aangesien dit chemiese reaksies en verkleuring kan veroorsaak.

Sitroensuur: Dit dien as die hoof preserveermiddel.

Maak seker alle bottels en houers is van glas en behoorlik gesteriliseer:
Was en spoel deeglik af
Plaas in ’n oond teen 120°C vir 20 minute
Skakel die oond af en laat die bottels daarin afkoel voor gebruik
Vul die bottels met die suurlemoensap.

Metode
Pers die suurlemoene uit per hand, ’n juicer is nie geskik. Hoe beter jy die suurlemoen sap dreineer hoe minder het jy afsaksels. Dit is jou keuse of jy van stukkies hou of nie. Dus kan jy die sap deur fyn lagies kaasdoek of kombuis lappies dreineer of eenvoudig net ‘n plastiek siffie.

Berei ’n groot kastrol voor met kokende water waarin die gevulde bottels geplaas word om deur die warm waterbad metode preserveer te word. Bring die water tot kookpunt en draai dan af om net liggies te prut.

Vul die bottels 3 cm onder die nek.

Voeg vir elke 1 liter suurlemoensap:
2.5 ml sitroensuur by:

Draai die bottels se deksels stewig toe en plaas regop in die pot. Die water moet tot ongeveer driekwart teen die bottels kom.

Prut die bottels met die deksel op vir 25 minute.
Verwyder versigtig met ’n tang en plaas op ’n handdoek, direkte kontak met koue toonbank sal die bottels laat bars.

Laat heeltemal afkoel voordat dit gestoor word en gee net een skud voor storing. .

Berging: in ’n koel, donker plek
Raklewe: ongeveer 12 maande indien korrek verwerk en verseël

Voedselpreservering is nie die plek vir raaiwerk of “ou huisraad” wat nie wetenskaplik veilig is nie. Werk altyd skoon, steriliseer deeglik en gebruik betroubare preserveermetodes.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2000

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (8)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!