Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Spek en uie tert vir Kampkos

Table of Contents

5 Vinnige wenke vir die Spek en Uie tert vir Kampkos

  • Mens kan soos konings eet en vir my kampkos altyd ‘n heerlike uitdaging om my Filistyne se honger te stil. Wanneer ons gaan kamp is daar ‘n paar gaarmaak opsies om te oorweeg want daar is nie net die knetterende vuurtjie wat ons by kan kuier maar ook die nuutste tegnologie vir Lugbraaiers (Airfryers), mikrogolfoonde en vele meer. Vir die volgende paar weke gaan ons dan kyk na alternatiewe gaarmaak metodes.
  • Vandag se resep Spek en Uie tert vir Kampkos is ‘n spek en uie onderste-bo gebak, alles in een pan bygereg.
  • Klein uitjies word geskil en halveer, regop maak staan in ‘n gietyster pan en dan tussen in spek, heuning, botter en gevolg met ‘n loop kors. Nadat dit gaar is word dit op ‘n bord omgekeer en die soet gebakte uie met die spek stukkies tussen in loer vir jou…
  • So hoe bak jy so ‘n onderste-bo tert oor die oop kole?
  • Hierdie slapdeeg van die Spek en Uie tert vir Kampkos is perfek ook vir menige ander geregte om direk oor te giet soos pasteie ens.

Vulsel vir Spek en Uie tert vir Kampkos

  • 1 x 20 cm gietysterpannetjie
  • 1 x 30 cm stukkie foelie
  • 15 klein rooi uitjies of gewone klein piekel uitjies, geskil en in die dwarste halveer
  • ¼ k botter gesmelt
  • ¼ k heuning of treacle suiker
  • 200 g spek vleis uit gebraai of stukkies ham of oorskiet vleis (vegan opsie, vul met tofu)

Metode vir Spek en Uie tert vir Kampkos

  • Pak die uitjies regop in die pannetjie sodat die hele oppervlakte met uitjies bedek is. Giet die botter oor en gevolg met die suiker.
  • Daarna sprinkel die spek vleis oor en sout en peper na smaak.
  • Berei die deeg.

Wenk: hierdie resep se droë bestanddele kan vooraf vermeng word, om tyd en spasie beter te benut. Al wat kort gaan die vog deel wees.

Slap deeg beslag vir die Spek en Uie tert vir Kampkos

  • 250 ml (1 k) melk
  • 1 ekstra groot Eier
  • 140 g (1 k ) koekmeel – gesif
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • Sout en peper na smaak

Metode vir die Slap deeg Spek en Uie tert vir Kampkos

  • Meng die vloeistowwe goed saam en meng die droë bestanddele saam. Voeg alles by mekaar en meng deeglik deur.
  • Giet die beslag oor die uie in die pannetjie. Plaas ‘n deksel op die pan en sit 2 kole bo-op. Bedek met die deksel met die foelie. Plaas oor kole en bak vir ongeveer 35 minute oor matige hitte totdat die uie karameliseer het en die deeg deur gaar geword het.
  • Wees versigtig om nie te brand. Plaas ‘n groot genoeg bord oor die pan en keer die pan om sodat die gebakte uie na bo wys.
  • Bedien warm.
Alternatiewe gaarmaak metode vir Spek en Uie tert vir Kampkos
Mikrogolf: volg alle stappe en bak soos volg:
  • Smeer die bak met botter uit en sprinkel ‘n hand vol brood krummels oor, skud die bak sodat die hele bak bedek is. Dit dra by tot die maklike ontvorming van die gereg.
  • 8 minute by 100% krag in ‘n mikrogolf veilige bak en bedek met kleefplastiek sodat stoom kan opbou. Laat vir 5 min rus in die mikrogolf voordat die deur geopen word.
  • Keer dadelik uit op ‘n bord.
  • Oond bak: 180 C vir 35 minute.

Porsie: 4
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2022

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

One Reply to “Spek en uie tert vir Kampkos”

  1. Driekie

    Baie dankie

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!