Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Nuusbrief 29 Maart 2018

Table of Contents

Hallo Twister,

Soveel nuwe en opwindende dinge wat wag. Boerekos met ‘n Twist het ‘n nuwe baba by gekry naamlik Beidekante. Ek plaas die skakel vir julle om te loer waarmee ons besig is. Verlede jaar het ons die voorreg gehad om ‘n geleentheid in Potchefstroom aan te bied vir vroue met honger harte. Die tema was gewees Aandag afleibaarheid en hoe ons met kos, essensiele olies asook lewensafrigting hierdie diagnose kan hanteer. Ek wat self met ADD, ADHD, Outisme en Aspergers gewerk het tydens ‘n insiggewende paar maande by Meerhofskool (fisies en leer gestremde skool), het ek besef hoeveel nood daar is. Krimpende begrotings, swak kommunikasie vanaf die terapeute en of staatshulp is min en beperk. Die seminaar was so suksesvol sodat ons inbusse oorgeloop het. Ons vier dames het die bul by die horings gepak in Desember en planne beraam vir ons breinkind. Die naam was ‘n baie moeilike een gewees en in die tweede dink skrum sessie in, is almal moeg en vodde gedink…en iewers tussen ons eie stilte, het harte biddend gevra vir daardie naam…en skielik kom die woorde uit: Beidekante. Lees gerus verder op ons webtuiste oor ons drie seminare vir 2019. Wie die rol spelers is en ons dienste wat ons aanbied. Hoop jy kan een van ons seminare bywoon. Klik op die Beidekante skakel om te sien wat ons beplan.

Ons begin volgende week met ‘n wonderlike nuwe projek. Ons gaan Appel asyn maak. Ek sal in volgende week se nuusbrief gee ek net dele van die resep…want hierdie is ‘n 6 weke projek en ons gaan dit stappie vir stappie saam aanpak. In die nuusbrief sal daar ‘n volledige artikel wees rakende die gesondheids voordele van Appel asyn (nie kommersiele appel asyn) en toepassings en gebruike. Ek maak elke 6 maande genoeg asyn om my voorraad vir 12 maande te lewer. Niks moeite en lag lag pas dit in jou skedule. Vir die begin van hierdie resep koop solank 2 kg rooi appels en of melasse suiker of –stroop. Hierdie suiker is rou en bevat vriendelike microbes wat sal help met die fermentasie proses om ‘n scoby te lewer. Klink Grieks maar dit is letterlik net 3 stappies in 6 weke en jy word beloon met ‘n Appel asyn wat jy nog nooit gedink het so gesond en geurig kan wees. Reg vir aksie?

Daar is nie nuwe resepte vir hierdie week gelaai nie. Ek maak eerskomende Sondag ‘n heerlike Hoender Tagine van my liewe moeder en kry solank die Masala resep in jou Boerekos met ‘n Twist kookboek  gereed asook ‘n goeie mengsel Sop poeier op die webtuiste…ons gaan geurige en wonderlike kos maak. Hierdie resep sal volgende week op die webtuiste beskikbaar wees en word bedien met die Pide resep (Marokkaanse broodjie) wat ook op die webtuiste beskikbaar is.

Mag ieder en elk veilig wees en ‘n wonderlike naweek geniet.

BKT groete Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Nuusbrief 29 Maart 2018”

  1. ellenerasmus66@gmail.com

    Goeie More Annelien. Ek wil graag I teken op die nuusbrief. Ek weet nie waar nie.

  2. Annelien

    Beste Ellen, die nuusbrief se inteken opsie is heel onder aan die blad. So jy moet net tot heel onder afscroll dan gee dit vir jou die opsie. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!