Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Melktert

Table of Contents

 

Hierdie wonderlike melktert resep is al vir 10 generasies in die familie en het nog nooit teleurgestel nie. My hart raak sommer week as ek dink, Ma se hande, hulle was altyd so sag en het to so lekker gewerk, van kosmaak, koekbak, ruggies krap, tere herinneringe.

This is a wonderful milktart recipe and has been part of my family for 10 generations and has never fail to deliver. This bring back so much memories of my dear mother, always taking care of all ingredients and preparations.

Belangrike inligting / Important information
1. Die eiers moet baie goed met die suiker verroom word totdat dit ‘n dik massa word. Sonder om te tegnies te raak is die klitsery se werk om die eier te laat stol (koaguleer) amper soos om dit gaar te maak. Hier word dit net met ‘n klitser gedoen. Die mengsel gaan direk in die warm kokende melk en dit gaan skif as dit nie genoeg geklits is nie. 5-8 minute op hoog.

Please take care to cream the eggs and sugar properly until white and fluffy for at least 5-8 minutes.

2. Voeg eers een koppie kokende melk by die eiermengsel om te voorkom dat die eier skif. Giet die eiermengsel direk in die kokende melk.

Add one cup of cooking hot milk to the egg mixture before adding the egg mixture to the pot of boiling milk. This will ensure the egg custard not to curdle.

3. Sodra die mengsel gaar is moet dit weer deeglik geklop word om dit satyn sag en egalig te maak.

When the mixture is cooked assure to whip it properly to give the custard a smoot and velvety texture. 

4. Smeer altyd die bodem van jou kastrol met olie voordat jy die melk ingooi om te verhit. Dit help voorkom dat die melk vasbrand.

To prevent the custard to scorch while cooking: cover the base of the pot with either sunflower oil or butter (not margarine or other oils)

Vla vulsel – Custard filling
1 liter volroom melk – 1 litre of full cream milk
6 eiers – 6 eggs
1 k suiker – 1 cup of white sugar
3 e (45 ml) mielieblom – 3 tbsp (45 ml) cornstarch / maizena
3 e (45 ml) koekmeel – 3 tbsp (45 ml) cakeflour or all purpose flour
3 e (45 ml) botter  – 3 tbsp (45 ml) butter
1 t vanielje geursel – 1 tsp (10 ml) vanilla extract or essence
Ekstra fyn kaneel vir versiering – fine cinnamon for dusting the milktart at the end

Jy het ‘n kastrol met ‘n volume van 5 liter nodig vir hierdie melktert anders kook die inhoud later oor. Verhit die melk tot kookpunt. Prepare a 5 litre stock pot or any pot with oil or butter to prevent scorching. * Add milk and bring to the boil. Please ensure to stir the milk from time to time to prevent a skin from forming and scorching at the bottom using a whisk. 

Klits die eiers en suiker saam vir 5 minute op hoog of totdat dit dik en romerig en lig van kleur is. Voeg dan die mielieblom en koekmeel by en klits deeglik sodat daar geen meelklonte teenwoordig is nie. * While the milk is boiling, cream the eggs and sugar together for 5 minutes with an electrical beater until light and fluffy. Add the cornstarch and cakeflour and mix to smooth paste. 

Sodra die melk begin kook voeg eers ‘n koppie melk by die eiermengsel, klop deeglik deur en voeg dit terug by die kokende melk en klop een maal goed met draadklitser. * As soon as the milk comes to a boil, add one cup milk to the egg mixture and mix well. Then add the egg mixture to the boiling milk. And keep stirring with whisk to mix the milk and egg properly. 

Hier kom die geheim – presies 10 minute van kook! Verlaag die hitte na stoof plaat 2 of vir gas na die laagste verstelling. Plaas deksel op en moenie oplig voor 10 minute verby is nie. * For precisely 10 minutes cook the custard covered with a lid at the lowest setting your appliance can work by. No stirring at all. While this is cooking do the easy pastry crust with cookies as indicated at the bottom of the document.

Na 10 minute voeg botter en vanielje geursel by en met behulp van ‘n ballon klitser (whisk) klop sodat die mengsel glad en satynagtig word. * Remove from heat and add butter and vanilla and beat until smooth. 

Skep dadelik in voorbereide tertkorse. Of as die pap gebruik word vir spuit van doppies en ook poffertjies, skep in bak, smeer klontjie botter oor die oppervlakte en druk ‘n stukkie kleef plastiek bo-op. Dit voorkom dat ‘n velletjie vorm wat dalk die spuitpunt sal verstop. Sodra goed afgekoel…klits goed en plaas in spuitsak. * Immediately fill pastry bases with the custard filling. If using the cooled custard filling for pastries like pate a choux: while hot, add a lump of butter to the top of the custard and add a layer of cling film directly onto the custard to prevent an skin from forming. This will ensure a smooth mixture perfect for piping without clogging the nozzles. 

Mikrogolf gaarmaak

Kook die melk in die mikrogolf. Gebruik ‘n deursigtige glasbak.

Klits die eiers en suiker saam vir 5 minute op hoog of totdat dit dik en romerig en lig van kleur is. Voeg dan die mielieblom en koekmeel by en klits deeglik sodat daar geen meelklonte teenwoordig is nie.

Sodra die melk begin kook voeg eers ‘n koppie melk by die eiermengsel, klop deeglik deur en voeg dit terug by die kokende melk en klop een maal goed met draadklitser.

Plaas in mikrogolf en dan: vir 8 minute elke minuut stop en roer, kook weer ‘n minuut, stop en roer. Sodra die mengsel dik is en op gekook het, is dit gaar. Verwyder uit die mikrogolf en roer geursel en botter by.

Giet in kors. Laat goed af koel. Sprinkel met kaneel.

Kroek kors / Easy crust
1 pak Tennis beskuitjies – fyn gemaak – 200 g Tennis biscuits or any other biscuit containing coconut
100 g botter, gesmelt – 100 g butter, melted

Maak die tennisbeskuitjies fyn in voedsel verwerker en gooi die gesmelte botter by die mengsel. * Crush the biscuits and add melted butter and mix properly. 

Druk in gesmeerde pan. Gebruik dadelik. * Press into grease pie dish and keep aside for the custard filling. 

LEWER: 3 x 23 cm terte.

BRON: Hantie Bezuidenhout.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (10)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

8 Replies to “Melktert”

  1. Hettie

    Hallo Annelien, ht jy nie asb vir my ‘n wildsresep vir pastei nie?

  2. Annelien

    Loer onder die afdeling vir vleis, daar is resepte…anders vra op Boerekos met ‘n Twist groep op Faceboek…ons help daar ook met die nodige inligting. Laat weet as jy nie reg gekom het nie. Groete Annelien

  3. Tokkie

    Hi Annelien het jy dalk die smeerkors wat die ouer mense gebruik vir melktert se resep asb

  4. Annelien

    Ek sit vir jou die link op die Boerekos met ‘n TWist groep op FB. Dit staan bekend as Smeerkors.

  5. Elize

    Wat gebeur met die 45ml botter, word dit saam met die melk gekook?
    1t =10ml?? 1 teelepel is 5ml??

  6. Annelien

    Hallo Elize, die botter word per eetlepel bereken so 3 e is 45 ml en lees baie mooi dit word laaste bygevoeg saam met die vanielje. Groete Annelien

  7. Nadine Van Schalkwyk

    Hallo Annelien. Ek het varkskenkel/ eisbein wat nie gerook is nie. Ek het in vleis en onder jou resepte gesoek. Kan jy my dalk in die regte rigting stuur.

  8. Annelien

    Nadine,

    Jy kan jou skenkel goed vas pak soos in die Vleisboek vir die Pork belly met sout en dan op dieselfde beginsel gaar maak. Dit gaan heerlik uit kom. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!