Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kook van eiers

Table of Contents

Ons het in Chefskool altyd gespot wat was eerste…die hoender of die eier? Nou hier is die kopkrapper…net soos met die kook van rys…Word die eier in koue water geplaas en dan tot kookpunt gebring of word die eier in kookwater geplaas…soveel opinies en ek gaan beide bespreek en dan my weergawe gee van wat ek toepas en ook my studente geleer het.

Koue water kook: Eier kan in koue water tot kookpunt gebring word, maar dan is die akkuraatheid van die kook van so ‘n eier in die weegskaal. Jy sal ongeveer 1 minuut van dat die water begin kook moet aftrek van die kookwater tegniek wat hier onder breedvoerig bespreek word. Die redenasie is dat so ‘n eier nie maklik kraak as dit begin kook. Hier is egter ‘n feit wat julle met die kookproses moet onthou, vir beide tegnieke van kook: die eier moet tenvolle bedek wees met water en as die water kook, MOET dit liggies en saggies kook op medium hitte. As die water te borrellend kook sal die eiers in die begin teen die bodem stamp en kraak…die res weet julle wat dan gebeur!

Asyn by kookwater: Vir beide van die tegnieke van kook voeg ek altyd 2 e asyn by die kookwater. Die asyn het twee funksies: 1. Die asyn sal enige eier wat wil uitloop as die dop gekraak het, dadelik stol. Asyn is ‘n suur en dit koaguleer proteine. 2. Die asyn sal die dop, wat uit kalsium bestaan, begin afbreek, al is dit nie sigbaar tot die oog. Dus sal so ‘n eier wat in asyn water gekook is, makliker afdop.

Dop van eiers: Ek kry baie die navraag oor hoe om eiers makliker te dop. As jy die vorige paragraaf gelees het sal jy die asyn tegniek verstaan en dan, sodra die eier klaar gekook het, uit keer op ‘n bordjie en ‘n vadoek oor sit en dan met ‘n eetlepel die dope liggies kraak, sit nog ‘n bordjie bo-op en draai om en herhaal die kraak. Dan baie, baie belangrik om die eiers dan in yskoue water te plaas vir 5 minute en die doppe sal soos piesangskille maklik afgly. Indien jy nie baie eiers het om te dop, kan jy die eiers in ‘n glas sit, een vir een en liggies skud om die dop te breek…maar sit dan in die koue water sodat die vliesie kan los kom van die eier.

Hoe kry ek die gele in die middel van die eier? Hierdie is nie iets wat jy regtig kan bepaal, want die varsheid van die eier bepaal hierdie faktor. Hoe toets mens die varsheid van eiers? Plaas genoeg water in ‘n bak of lang glas, ten minste drie keer meer as wat ‘n eier hoog is. As die eier onder bly lê met sy punte horisontaal, is die eier baie vars. As die punt begin lig, nog steeds vars. As die eier dryf…gooi weg. Wanneer ‘n eier ouer word, verdamp daar meer vog deur die porieuse dop. Die eier geel word in die middel gehou deur chalaza stringe, hierdie stringe is weer vas aan die lugblasies in die punte van die dop. Soos die eier ouer word verswak die stringe en die eiergeel begin sy posisie verloor. Dus as jy dan eiers kook sal die eier dan nie meer in die middel wees. As dit sou gebeur en jy toets die eier en die punt van die eier lig effens kan jy soos volg min of meer verseker die eiergeel bly in die middel. Maak kruisies met ‘n potlood op die eiers. Plaas die kruisies na bo in die kokende water, met ‘n kwart van die kooktyd, draai die eiers om. Dit behoort dan die eiergeel meer gestentreer te hou.

Warm water kook tegniek: Nou kom ons uiteidelik by die kook van die eier uit. Ek verkies die warm water kook tegniek. Vir hierdie tegniek is dit krities om eiers by kamertemperatuur te gebruik. Nou, as jy soos ek soms besig raak en vergeet, het ek ‘n kortpad om die eiers vinnig by kamertemperatuur te kry. Plaas die eiers in sterk lou warm water en los totdat die eiers vir 10 min tot kamertemperatuur gekom het. Moenie warm direkte kraan water gebruik nie.

Gebruik ‘n kostrol waarin die eiers styf teen mekaar sal pas. As die eiers lossies pas sal dit verseker rond hop en kraak. Onthou die grootte van die kastrol bepaal nie hoe lank die eiers kook nie…die temperatuur van die water doen.

Metode:
Kook water en voeg dan 2 e asyn per 2.5 liter water by. Plaas dan die eier mbv ‘n gaatjies lepel in die kokende water en plaas deksel op kastrol.

Sagte eiers: Eiers waarvan die eierwitte wat aan die geel raak, nog sag en effe loperig is.
Kook vir 3-4 minute

Mollet of Medium sagte eiers: Die eierwitte is ferm en geset maar die eiergeel is sag en loperig
Kook vir 6-7 minute

Hard gekookte eiers: Eierwit en eiergeel is ferm en geset. Onthou as jy te lank kook sal so ‘n eier ‘n blou ring vorm tussen die geel en die wit. Kraak ook die dop sodra dit klaar gekook het sodoende die swael te laat ontsnap wat die blouring veroorsaak.
Kook vir 10-12 minute

Smaaklike ete!

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

10 Replies to “Kook van eiers”

  1. Paul Hattingh

    Baie DANKIE wardeer ek kook met koue water begin kook 4 min. Haal uit koue water nooit probleme en eiers is ferm maar hoe lank jou gekookte eiers voor sleg en moet dop af en in yskas asseblief DANKIE GROETNIS

  2. Rentia

    Hierdie eenvoudige ding soos eiers kook is tog so belangrik, en ek het nou nogal iets geleer! Baie dankie!!

  3. Annelien

    Paul, jy kan die eier met of sonder dop in die yskas stoor. Ek verkies om dit in die dop te hou. Dit sal vir 4 dae goed bly. Groete Annelien

  4. Annelien

    Dankie en lekker kook. Groete Annelien

  5. Myrlé

    🙏🙏 Baie dankie🎀

  6. Annelien

    Groot plesier…groete Annelien

  7. Mara Lawrence

    Alles lyk so lekker en gesond dankie waardeer al jou insette

  8. Annelien

    Mara, baie dankie vir jou boodskap. Hoop jy kuier saam op FB by Boerekos met ‘n Twist die kookgroep. Groete Annelien.

  9. CORRIE FERREIRA

    BAIE LEERSAME INLIGTING . KLEIN PUNTJIES WAARVAN JY NIE ALTYD BEWUS IS NIE.

    BAIE BAIE DANKIE VIR DIE LEERSAME LES..

    LIEFDEVOLLE GROETE.

  10. Annelien

    Hallo Corrie, dankie vir die positiewe kommentaar. Hoop die eiergele bly van nou af in die middel…lekker kook. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!