Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Ingelegde Pynappel

Table of Contents

Die inlê van pynappel is verseker een van die vinnigste preserverings werkies wat mens kan doen. Ek koop gereeld pynappel op spesiale aanbieding en kan nie wag om tuis dit te verwerk en altyd op die rak gereed te hê vir koeke, terte en ook slaai en pizza. Dit kan fyn gemaak word, heel, halwes of wiggies. Hoe dit ook al is, verwerk dit en jy het vir 12 maande altyd ʼn konstante voorraad.

Sterilisering van bottels is krities:
Gebruik goeie kwaliteit glas bottels soos die van Consol vir die werk. Gee aandag aan die sterilisering van die bottels deur dit skoon te was en dan by 120C vir 20 minute te hou. Skakel die oond af en laat die bottels afkoel tot lou warm. As die bottels te warm is sal dit bars as die pynappels daarin geplaas word. Verder as die bottels met hierdie aksie nie bars, sal dit verseker bars as dit in die kokende kastrol water geplaas word. Die tegniek wat ons gebruik om die pynappels te botteleer word KWB (kook water bad metode) genoem. Maak dus seker met die bottels dat dit lou warm is en jy dit met die hand kan optel. Onthou ook om die deksels op dieselfde wyse saam met die bottels te steriliseer. MOENIE met jou vingers aan die binne kant van die bottel of deksel raak, so kan kruis kontaminasie maklik plaasvind.

Stroop
Hierdie stroop is genoeg om 2 pynappels te kan verwerk in 4 x 375ml botteltjies
200 g wit suiker
500 g water (ja gram maar jy kan in ml werk, maak net seker jou beker is reg gekalibreer)
2 ml sitroensuur of  15 ml suurlemoensap

Skil die pynappel en sny die middelste stronk gedeelte uit. Moet nog nie verder verwerk om fyn te maak of wiggies te sny.

Kook ʼn kastrol water en sodra dit kook voeg die pynappelstukke binne in die kokende water en blansjeer vir presies 5 minute. Besluit dan of jy fyn of growwe pynappel stukke verkies deur vinnig die pynappel in ʼn voedsel verwerker te kap. Of wiggies of heel ringe.

Pak die pynappel in ʼn gesteriliseerde fles so dig moontlik tot teen aan die draai van die nek, nie tot bo teen die deksel.

Stroop: Plaas die water en suiker in ʼn kastrol en verhit stadig en roer totdat die suiker opgelos het. Kook vir 5 minute en voeg die sitroensuur by en verwyder van plaat. Giet oor gevulde bottels tot heel bo. Draai die deksel op en skroef STYF vas.

Plaas die bottels in ʼn pot kokende water sodat die bottels tot bo bedek is met water. Sit die deksel van die kastrol op en kook vir 25 minute. Haal dadelik die bottels uit die kastrol en plaas kop onderste bo op ʼn handdoek tot afgekoel.

Wenk: oortollige stroop kan vir 3 maande in die yskas gestoor word vir latere gebruik.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2019

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Ingelegde Pynappel”

  1. leona

    Hello daar
    Om die pynappel in te le moet dit in n canner gedoen word?

  2. Rita Labuschagne

    Baie dankie. Dit klink heerlik en ek gebruik hoeka so baie pynappel.

  3. Annelien

    Hallo Leona, nee glad nie. As jy die resep mooi gelees het gebruik ons die WAterbad metode in jou gewone kastrol. Lekker kook. Groete Annelien Pienaar

  4. Annelien

    So vinnig en eenvoudig om te maak sonder min moeite en snaakse toerusting. Geniet. Groete Annelien Pienaar

  5. Alexca de Waal

    Dag sê sal bottels nie bars in kookwater nie ?

  6. Annelien

    Hallo Alexca, Lees asb hierdie paragraaf in die resep: Sterilisering van bottels is krities:
    Gebruik goeie kwaliteit glas bottels soos die van Consol vir die werk. Gee aandag aan die sterilisering van die bottels deur dit skoon te was en dan by 120C vir 20 minute te hou. Skakel die oond af en laat die bottels afkoel tot lou warm. As die bottels te warm is sal dit bars as die pynappels daarin geplaas word. Verder as die bottels met hierdie aksie nie bars, sal dit verseker bars as dit in die kokende kastrol water geplaas word. Die tegniek wat ons gebruik om die pynappels te botteleer word KWB (kook water bad metode) genoem. Maak dus seker met die bottels dat dit lou warm is en jy dit met die hand kan optel. Onthou ook om die deksels op dieselfde wyse saam met die bottels te steriliseer. MOENIE met jou vingers aan die binne kant van die bottel of deksel raak, so kan kruis kontaminasie maklik plaasvind. 

    Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!