Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Hoender en roommielie sop

Table of Contents

As jong getroudes het die pennies soms maar geknyp veral as een van die getroudes nog studeer. Hierdie resep is uit nood gebore met die aand wat ons vir die Alkia jeug Bybelstudie aan huis sop en broodjies moet voorsit. Eintlik het ek vergeet van die ete en die middag terug van klas staan ek voor die yskas met groot oë en besef ek moet nou toor! Daar is ’n halwe hoender, driekwart blikkie room mielies, ’n sak koekmeel en gis. Die kruie en speserye is nog genoeg en ek spring in. Roer, proe, bak brood en wat wou…die kos het 15 gewillige eters laat koer oor die kos, min het hul geweet dat daar nood was! Soms mis mens daardie tye van jonk wees en nog aan die stoei.

150 g (1 k) gaar hoendervleis, in fyn repies
1 blikkie, 410g, roommielies of geroomde sampioene of aspersies of geroomde spinasie
1 liter (4 k) hoender aftreksel
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) mielieblom aangemaak met 50 ml water
1 t suurlemoenskil, gerasper
4 e spriet uie, fyngekap
1 e tiemie gedroog
¼ t borrie
¼ t vars fyn knoffel
sout en peper na smaak

Verhit al die bestanddele saam behalwe die spriet uie en tiemie, kook vir 10 minute saam. Voeg die tiemie by en kook vir 3 minute. Garneer met rissie vlokkies en spriet ui lowwe.

Bedien warm met heerlike skywe vars brood.

Bron: Annelien Pienaar, 1995
Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Hoender en roommielie sop”

  1. maraiskaren

    Hallo. Annelien. Is die 30ml soja korrek? My bruin sop het nie so aantreklik gelyk nie…….

  2. Annelien

    Karen, jy kan minder gebruik indien verkies. Groete Annelien.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!